rondloper

A Bloemfontein boy in Dubai

Archive for the ‘Uncategorized’ Category

Off I go

without comments

There are only six days left before I pack my bags and we head off on a well-deserved month-long holiday. I haven’t had a good long holiday in more than a year. This past year I went back to SA twice on short one-week trips, not enough to really relax and switch off completely. But now the time has come, we will be visiting some of my favourite places, first to Kuala Lumpur for a quick stopover, then on to Pampanga in the Philippines and Baguio City, a hillside resort. Then to Bangkok for about a week, Singapore for about a week and finishing off with a visit to Melaka in Malaysia before heading back home to Dubai via KL. Can’t wait, I have been counting the days. I have been to all these places before except Baguio City which I am looking forward to very much, and it will be great to just see and experience Bangkok and Singapore once again. Amazing food, great people and bargain shopping. And having a beer al fresco in some tropical cafe with palm trees waving in the wind, something I really miss here in Dubai. There is a place in Santa Rita, Pampanga where I’ve been before that is especially nice, the Filipinos are some of the most amazing people around and really make you feel at home.

Written by rondloper

December 29, 2009 at 3:44 pm

Posted in Wonderful places

Tagged with ,

Wet wet wet in Dubai

without comments

When it rains in Dubai like last week this is the view that greets me from my flat window. It gets flooded even wnhe it rains just a little. Contrary to popular belief we do get some rain here in the desert, especially in December and January. It also cools down considerably (for Dubai). Nights can go down to the low teens (Celsius) and days are in the low twenties. Really pleasant, it’s the best time of the year in Dubai, also because the sky is a beautiful blue, unlike the rest of the year when it can be very hazy and seem just plain dull. Now the city looks crisp and clean. Just as well, in the light of all the gloomy news about Dubai doing the rounds these days. It is all true.

Written by rondloper

December 28, 2009 at 12:20 am

Posted in Uncategorized

Met een voet in Europa en die ander in Asie

with one comment

bosphorus-istanbul-turkey-787836
Oor presies ‘n week is ek in hierdie stad. Die enigste stad in die wereld wat op twee kontinente gelee is. Die magiese Istanbul . . . Kan nie meer wag nie, soms is al wat die lewe in Dubai draaglik maak die vooruitsig om hier weg te kom, al is dit dan net vir ‘n paar dae.

Written by rondloper

April 21, 2009 at 10:15 pm

Posted in Uncategorized

Peetpa

without comments


Ek het vroeer vanjaar peetpa geword. My broer-hulle het ‘n dogtertjie gekry en ek is die trotse peetpa. Ongelukkig is ek op die oomblik bietjie ver van al die aksie af, maar ek was darem in SA vir die doop, so maand of wat gelede. Ek het verskeie foto’s, maar hier is net ‘n paar. Dis ‘n goeie verskoning vir my om elke paar maande terug te vlieg SA toe en Dubai se stof van my voete af te skud.

Written by rondloper

April 21, 2009 at 10:07 pm

Posted in Uncategorized

Warrelwind-toer deur die VAE

without comments

My ma het so twee weke gelede hier in Dubai kom kuier, voor dit was ek self vlugtig in Suid-Afrika vir die doop van my peetkind, my broer-hulle se dogter Cherice. Ek was maar baie kort in SA, die tyd was te min om almal te sien en alles te doen, maar dit was lekker om weer in ‘n normale land te wees. Dubai en die VAE is nou maar eenmaal nie die beste plekke in die wereld nie, maar, ai, die geld is goed. Wat sal ‘n man dan nou doen? Hoe lank dit nog gaan aanhou weet ek ook nie, maar tot tyd en wyl byt ek vas. Ek het vandag my huur vir die volgende jaar hernieu (Dh38 000, omtrent so R110 000, in kontant betaal, wat kon ek nie alles daarmee gedoen het nie. . . ) Maar nou is ek vir die volgende jaar uitgesort, geen verblyfuitgawes nie. Hier is ‘n paar foto’s van enkele van die plekkies wat ek my ma gewys het, daar is darem enkele mooi plekke hier.

Written by rondloper

March 30, 2009 at 11:00 pm

Posted in Uncategorized

Ras Al Khaimah

without comments

img_07411

Ek het lanklaas ‘n trippie iewers heen onderneem, laas Maandag was ons vir ‘n slag na Ras Al Khaimah, dis die laaste van die sewe emirate wat ek besoek het, en dis nogals heel besonders. Dis naby aan Dubai, van my huis af, wat sommer reg by Emirates Road, die VAE se groot verbindingspad (die N1 . . . ) is, dus is dit vir my dikwels makliker om verder plekke te bereik as mense wat in die stad bly en eers deur al die stadsverkeer moet sukkel om op die snelweg te kom. RAK, soos almal hier die plek noem, is net meer as ‘n uur se ry van my huis af, jy ry deur baie emirate op pad soontoe, eers Sharjah, dan Ajman, dan Umm Al Quwain en dan is dit RAK. My groot pyn met Dubai is dat die stad een groot bouterrein is, dis doodeenvoudig onaangenaam soms. Al Ain was voorheen my gunsteling-stad hier, want die ‘n kleinerige plek, daar is baie water, dis ‘n oase, letterlik, en dis net ‘n doodgewone stad, met huise en winkels en strate en so aan, eenvoudige dinge wat sin maak.l Anders as Dubai. RAK is dieselfde, en nogal mooi ook. Dis langs die see, daar is ook baie water, op plekke lyk RAK byna lowergroen (vir ‘n woestyn), en daar is net enkele wolkekrabbers, min bouwerk, die paaie werk almal, sulke eenvoudige dinge. Net buite RAK is groot berge, ons het daar op betonblokke in die sand gaan sit en piekniek hou, en toe het ons die groentemark in die stad self gaan besoek, waar hierdie foto’s geneem is. Die groentemark is langs ‘n rivier, met mooi uitsigte en mens voel darem of jy iewers in Arabie is as jy daar oor die stad uitkyk. Anders as Dubai.

img_07302

img_07321

Written by rondloper

February 17, 2009 at 2:31 am

Posted in Uncategorized

Die Dubai Ope

with 2 comments

p16-02-09_16071

Dit is hoe ek die dag deurgebring het. By die Dubai Open in Garhoud, skaars tien minute se ry van my huis af. Ek kan nie aan ‘n beter manier dink om ‘n dag deur te bring as in die geselskap van die top-tennisspelers van die wereld nie . . .

Written by rondloper

February 17, 2009 at 12:59 am

Posted in Uncategorized

Pienk mieliepap en mossels

with one comment

Hierdie is puto, dis 'n Filippynse dis. Dis gemaak van mieliemeel. Ons bure, wat in 'n soesji-restaurant werk, bring elke nou en dan vir ons soesji en ander dinge. Soms hang hulle die soesji sommer aan die deur op in 'n plastieksak, as ons laataand by die huis kom na werk, dan wag die soesji vir ons. Jay is ook baie lief daarvoor om vir die bure (hulle is ook Filippyne) kos te vat. Hierdie puto is baie interessant, dit proe soos mieliepap, maar soeter en stywer, dis soos mieliepap-muffins. Heel lekker.

Hierdie is puto, dis 'n Filippynse dis. Dis gemaak van mieliemeel. Ons bure, wat in 'n soesji-restaurant werk, bring elke nou en dan vir ons soesji en ander dinge. Soms hang hulle die soesji sommer aan die deur op in 'n plastieksak, as ons laataand by die huis kom na werk, dan wag die soesji vir ons. Jay is ook baie lief daarvoor om vir die bure (hulle is ook Filippyne) kos te vat. Nou die dag toe bring hulle die puto. Dis baie interessant, dit proe soos mieliepap, maar soeter en stywer, dis soos gekleurde mieliepap-muffins. Daar is ook kaas in. Maar dit proe soet, nie sout nie. Heel lekker.

'n Mens kry alles wat jou hart begeer in Dubai, letterlik alles, van Mrs Balls tot biltong en Ouma-beskuit. Maar nie altyd vars mossels nie. Die dag as ek vars mossels in die winkel raakloop, begin my mond water. Ek is baie lief vir vars mossels, eenvoudig voorberei in sy eie sousie, met bietjie tamatie, uie, knoffel, gemmer en 'n paar rissies vir skop. En dan, vir kleur en geur, 'n bietjie spinasie. Hierdie was koningskos, nou moet ek waarskynlik 'n hele paar weke wag vir die volgende besending vars mossels. Hulle kom van Nederland af.

'n Mens kry alles wat jou hart begeer in Dubai, letterlik alles, van Mrs Balls tot biltong en Ouma-beskuit. Maar nie altyd vars mossels nie. Die dag as ek vars mossels in die winkel raakloop, begin my mond water. Ek is baie lief vir vars mossels, eenvoudig voorberei in sy eie sousie, met bietjie tamatie, uie, knoffel, gemmer en 'n paar rissies vir skop. En dan, vir kleur en geur, 'n bietjie spinasie. Hierdie was koningskos, nou moet ek waarskynlik 'n hele paar weke wag vir die volgende besending vars mossels. Hulle kom van Nederland af.

Written by rondloper

January 28, 2009 at 12:54 am

Posted in Uncategorized

Reen in Dubai

without comments

Dit reen wel in Dubai, meestal net in die winter, wat nou is. Die afgelope paar weke was inderwaarheid baie nat. Al is Dubai ‘n woestyn, is dit redelik naby aan die trope en daar is baie vogtige lug wat glo naby die kus omgesit word in reen. Hierdie is sommer twee foto’s met my N95 uit die kar geneem in Satwa, dit het my aan ‘n Kaapse reendag laat dink.

140120092261

140120092271

Written by rondloper

January 15, 2009 at 9:43 pm

Posted in Uncategorized

Tagged with ,

A Tale of Two Cities

with 4 comments

Vreemde dinge is besig om in Dubai te gebeur, en sy aangrensende emirate. Nie soseer in Abu Dhabi nie. Die stad is besig om leeg te loop. Al sal niemand dit openlik erken nie en geldwolwe steeds probeer om niksvermoedende nuwelinge te veel te vra vir verblyf. Wat gaan aan?

Eers, twee kort uittreksels uit vanoggend se koerant. Hulle is nie vreemd nie, hulle is verteenwoordigend van soortgelyke artikels wat elke dag in die koerant verskyn.

Impact of financial crisis on UAE is limited: Nahyan

By Himendra Mohan Kumar, Staff Reporter
Published: January 13, 2009, 23:42

Abu Dhabi: The impact of the global financial crisis on the UAE economy is limited, the country’s Minister of Higher Education and Scientific Research, Shaikh Nahyan Bin Mabarak Al Nahyan said here yesterday.
“Thanks to our wise leadership, we have made sure that the impact of global financial crisis is contained, as much as possible,” Shaikh Nahayan told reporters on the sidelines of an industry conference.

Sharjah promotions get Dh10m funding

By Nadia Saleem, Staff Reporter
Published: January 13, 2009, 23:42

Dubai: Sharjah Spring Promotions (SSP) 2009 will see government spending of about Dh5 million with additional spending from the private retail sector, bringing the total to Dh10 million, officials said.

Kicking off on January 15 and lasting to February 25, all malls in Sharjah will participate in the promotions, with outlet participant numbers going beyond 1,000.

Hussain Mohammad Al Mahmoudi, director-general of Sharjah Chamber of Commerce and Industry (SCCI), said 2008 saw a 16 per cent increase in retailers’ contribution to the gross domestic product (GDP) during SSP.

Al Mahmoudi said the impact of the economic slowdown is not being felt in Sharjah.

Commenting on consumer confidence during the credit crunch, Al Mahmoudi admitted people are getting more cautious. “This is normal. I don’t think this will affect buying habits. It will only make consumers much more smarter,” he added.

Ek bly seker dan in ‘n ander stad. (Streng gesproke is Sharjah ‘n ander emiraat en ‘n ander stad, maar dit is reg langs Dubai en die twee vorm saam een groot metropool, Sharjah is waar baie mense bly wat in Dubai werk, want dis bietjie goedkoper daar). In die stad waar ek bly, merk ek die volgende:

1. Die huismark het geheel en al in duie gestort. Niemand koop enigiets nie, plekke wat drie maande gelede Dh7 miljoen gekos het, is nou in die mark vir Dh2 miljoen, en niemand koop nie.

2. Die strate is leeg. Letterlik. Want daar is minder mense. Want hulle het gevlug van hul skuld en huisverbande wat nou drie keer meer is as wat die huis werd is. Hierdie storie hoor ek gereeld uit baie verskillende bronne, daar is glo honderde verlate karre by die lughawe, mense wat die karre met sleutel en al net so gelos het en die pad gevat het. Want hulle het voorheen geval vir Dubai se verbruikersmark en gekoop en gekoop en gekoop, en toe moet hulle begin terugbetaal, en toe verloor hulle hul werk. Toe vlug hulle. Honderde (duisende selfs) professionele mense is die laaste twee maande afgedank. Die makelaarsfirmas by die Dubai-aandelebeurs (wat 71% geval het sedert laasjaar en hom die derde swakste beurs te wereld maak), maak almal op ‘n streep toe. Tienduisende werkers en bouers is huis toe gestuur. Maar niemand skryf oor hulle nie, want hulle is die marginales hier, niemand skryf ooit oor hulle nie. Dus, die strate is leeg. Daar is minder karre, minder swaar verkeer, elke dag voel nou vir my soos ‘n Saterdag (wat gewoonlik baie stiller is hier, Saterdag is vir sommige ‘n werksdag, maar dis relatief stil gewoonlik op die paaie).

3. Die winkels is leeg. Leeg. Ek stop gereeld saans na werk by die Mercato-sentrum in Jumeirah, gewoonlik is dit ‘n miernes van bedrywigheid. Maar deesdae is dit tjoepstil. Die Starbucks daar is gewoonlik propvol mense, nou is dit dolleeg, miskien een of twee tafels het mense.

4. Huur is besig om te val. Skerp. Want daar is nie meer mense wat huur nie. Hier in International City was ‘n ateljeewoonstel twee maande gelede Dh60 000 per jaar (vir huur, mens betaal hier per jaar vooruit), laasweek was dit Dh55 000, gister was dit Dh48 000. En nou kan mens in vier, of, wonder-bo-wonder, soos in die normal wereld, twaalf paaiemente (vooruitgedateerde tjeks) betaal.

Ek sal myself nog eendag beter verwoord en baie meer in detail skryf oor my menings, maar in kort: Ek dink Dubai is so ‘n kunsmatige stad, met soveel kunsmatige behoeftes wat geskep word, gebaseer op niks nie, dat dit nie net die internasionale resessie is wat nou inskop nie. Dit was die vonk wat die bom laat bars het, maar die bom sou een of ander tyd bars. Die stad probeer homself voorhou as hierdie wonderlike ‘internasionale’ stad, maar al wat hy bied is winkelsentrums en skouspelagtige eindomsontwikkelings, op sand gebou. Mense het geval vir die bemarkingsmasjien, eiendom (‘off-plan’) gekoop en dieselfde dag nog verkoop vir 20% meer, sonder om eens geld te verwissel. Almal het vasgevang geraak in die borrel-effek. Rykes het baie, baie ryker geword, selfs armes het bietjie geld verdien hier. Maar die rykes (soos die bankiers wat die wereld nou so diep in die moeilikheid gebring het), het geheel en al hul sin vir die werklikheid verloor. Wie wil regtig ‘n huis besit wat Dh45 miljoen (rofweg so $12 miljoen) kos, dis nou wel op die Palm-eiland, maar jou ’strand’ is harde woestynsand? In ‘n stad sonder een enkele teater, sonder kunsgalerye, sonder kunsflieks, waar jy danksy die ‘wyse leierskap se wysheid’ darem toegelaat word om ‘n biertjie te drink, solank jy dit diep binne-in ‘n hool doen, nie op die terras van jou luukse villa nie, want jy kom dalk net in die moeilikheid as jy nie ‘n lisensie het nie. Waar die sjeik enige dag nuwejaar kan kanselleer as hy wil. Toegegee, daar is ‘n blink kant aan Dubai. Vlak, maar blink. Daar is nagklubs wat voorgee om ‘die beste in die wereld’ te wees, waar Britte en ander expats gereeld gaan dronk raak om van die werklikhied te ontsnap. Daar is Friday brunch, mense wat elke Vrydag (dis die begin van die naweek hier), vroegdag begin drink, vir ontbyt, ja, want dis ‘n ‘instelling’ hier. Jy betaal Dh200 (R600) as jy gelukkig is, meestal veel meer, en kan eet en, meer belangrik, drink, so veel jy wil. Totdat die brunch verby is en jy oortsrompel na die hotel se kroeg en verder drink, teen R100 ‘n drankie, as jy gelukkig is. Die hotel lag natuurlik al die pad bank toe. Ek was nog nooit by ‘n Friday brunch nie, is ek trots om te se.

In elk geval, die bom moes net eenvoudig bars, en hy het.

Hoekom is ek dus hier? Want ek verdien steeds ‘n goeie salaris, en ek het nie heeltemal geweet wat hier aangaan voordat ek gekom het nie. So lank soos dit aanhou, bly ek by my langtermynplan, ‘n paar jaar hier en dan finansiele vryheid! Lewensvryheid! Gelukkig doen my koerant nog goed, mense adverteer steeds verwoed, want hulle soek kopers, van karmaatskappye tot eiendomsagentskappe. En as hulle lank genoeg aanhou skryf niks is fout nie, word dit dalk net waar.

Written by rondloper

January 14, 2009 at 9:51 pm

Posted in Uncategorized

Tagged with , , ,