|
Abu Dhabi: The impact of the global financial crisis on the UAE economy is limited, the country’s Minister of Higher Education and Scientific Research, Shaikh Nahyan Bin Mabarak Al Nahyan said here yesterday.
“Thanks to our wise leadership, we have made sure that the impact of global financial crisis is contained, as much as possible,” Shaikh Nahayan told reporters on the sidelines of an industry conference.
Sharjah promotions get Dh10m funding
|
|
By Nadia Saleem, Staff Reporter
Published: January 13, 2009, 23:42 |
|
Dubai: Sharjah Spring Promotions (SSP) 2009 will see government spending of about Dh5 million with additional spending from the private retail sector, bringing the total to Dh10 million, officials said.
Kicking off on January 15 and lasting to February 25, all malls in Sharjah will participate in the promotions, with outlet participant numbers going beyond 1,000.
Hussain Mohammad Al Mahmoudi, director-general of Sharjah Chamber of Commerce and Industry (SCCI), said 2008 saw a 16 per cent increase in retailers’ contribution to the gross domestic product (GDP) during SSP.
Al Mahmoudi said the impact of the economic slowdown is not being felt in Sharjah.
Commenting on consumer confidence during the credit crunch, Al Mahmoudi admitted people are getting more cautious. “This is normal. I don’t think this will affect buying habits. It will only make consumers much more smarter,” he added.
|
Ek bly seker dan in ‘n ander stad. (Streng gesproke is Sharjah ‘n ander emiraat en ‘n ander stad, maar dit is reg langs Dubai en die twee vorm saam een groot metropool, Sharjah is waar baie mense bly wat in Dubai werk, want dis bietjie goedkoper daar). In die stad waar ek bly, merk ek die volgende:
1. Die huismark het geheel en al in duie gestort. Niemand koop enigiets nie, plekke wat drie maande gelede Dh7 miljoen gekos het, is nou in die mark vir Dh2 miljoen, en niemand koop nie.
2. Die strate is leeg. Letterlik. Want daar is minder mense. Want hulle het gevlug van hul skuld en huisverbande wat nou drie keer meer is as wat die huis werd is. Hierdie storie hoor ek gereeld uit baie verskillende bronne, daar is glo honderde verlate karre by die lughawe, mense wat die karre met sleutel en al net so gelos het en die pad gevat het. Want hulle het voorheen geval vir Dubai se verbruikersmark en gekoop en gekoop en gekoop, en toe moet hulle begin terugbetaal, en toe verloor hulle hul werk. Toe vlug hulle. Honderde (duisende selfs) professionele mense is die laaste twee maande afgedank. Die makelaarsfirmas by die Dubai-aandelebeurs (wat 71% geval het sedert laasjaar en hom die derde swakste beurs te wereld maak), maak almal op ‘n streep toe. Tienduisende werkers en bouers is huis toe gestuur. Maar niemand skryf oor hulle nie, want hulle is die marginales hier, niemand skryf ooit oor hulle nie. Dus, die strate is leeg. Daar is minder karre, minder swaar verkeer, elke dag voel nou vir my soos ‘n Saterdag (wat gewoonlik baie stiller is hier, Saterdag is vir sommige ‘n werksdag, maar dis relatief stil gewoonlik op die paaie).
3. Die winkels is leeg. Leeg. Ek stop gereeld saans na werk by die Mercato-sentrum in Jumeirah, gewoonlik is dit ‘n miernes van bedrywigheid. Maar deesdae is dit tjoepstil. Die Starbucks daar is gewoonlik propvol mense, nou is dit dolleeg, miskien een of twee tafels het mense.
4. Huur is besig om te val. Skerp. Want daar is nie meer mense wat huur nie. Hier in International City was ‘n ateljeewoonstel twee maande gelede Dh60 000 per jaar (vir huur, mens betaal hier per jaar vooruit), laasweek was dit Dh55 000, gister was dit Dh48 000. En nou kan mens in vier, of, wonder-bo-wonder, soos in die normal wereld, twaalf paaiemente (vooruitgedateerde tjeks) betaal.
Ek sal myself nog eendag beter verwoord en baie meer in detail skryf oor my menings, maar in kort: Ek dink Dubai is so ‘n kunsmatige stad, met soveel kunsmatige behoeftes wat geskep word, gebaseer op niks nie, dat dit nie net die internasionale resessie is wat nou inskop nie. Dit was die vonk wat die bom laat bars het, maar die bom sou een of ander tyd bars. Die stad probeer homself voorhou as hierdie wonderlike ‘internasionale’ stad, maar al wat hy bied is winkelsentrums en skouspelagtige eindomsontwikkelings, op sand gebou. Mense het geval vir die bemarkingsmasjien, eiendom (‘off-plan’) gekoop en dieselfde dag nog verkoop vir 20% meer, sonder om eens geld te verwissel. Almal het vasgevang geraak in die borrel-effek. Rykes het baie, baie ryker geword, selfs armes het bietjie geld verdien hier. Maar die rykes (soos die bankiers wat die wereld nou so diep in die moeilikheid gebring het), het geheel en al hul sin vir die werklikheid verloor. Wie wil regtig ‘n huis besit wat Dh45 miljoen (rofweg so $12 miljoen) kos, dis nou wel op die Palm-eiland, maar jou ’strand’ is harde woestynsand? In ‘n stad sonder een enkele teater, sonder kunsgalerye, sonder kunsflieks, waar jy danksy die ‘wyse leierskap se wysheid’ darem toegelaat word om ‘n biertjie te drink, solank jy dit diep binne-in ‘n hool doen, nie op die terras van jou luukse villa nie, want jy kom dalk net in die moeilikheid as jy nie ‘n lisensie het nie. Waar die sjeik enige dag nuwejaar kan kanselleer as hy wil. Toegegee, daar is ‘n blink kant aan Dubai. Vlak, maar blink. Daar is nagklubs wat voorgee om ‘die beste in die wereld’ te wees, waar Britte en ander expats gereeld gaan dronk raak om van die werklikhied te ontsnap. Daar is Friday brunch, mense wat elke Vrydag (dis die begin van die naweek hier), vroegdag begin drink, vir ontbyt, ja, want dis ‘n ‘instelling’ hier. Jy betaal Dh200 (R600) as jy gelukkig is, meestal veel meer, en kan eet en, meer belangrik, drink, so veel jy wil. Totdat die brunch verby is en jy oortsrompel na die hotel se kroeg en verder drink, teen R100 ‘n drankie, as jy gelukkig is. Die hotel lag natuurlik al die pad bank toe. Ek was nog nooit by ‘n Friday brunch nie, is ek trots om te se.
In elk geval, die bom moes net eenvoudig bars, en hy het.
Hoekom is ek dus hier? Want ek verdien steeds ‘n goeie salaris, en ek het nie heeltemal geweet wat hier aangaan voordat ek gekom het nie. So lank soos dit aanhou, bly ek by my langtermynplan, ‘n paar jaar hier en dan finansiele vryheid! Lewensvryheid! Gelukkig doen my koerant nog goed, mense adverteer steeds verwoed, want hulle soek kopers, van karmaatskappye tot eiendomsagentskappe. En as hulle lank genoeg aanhou skryf niks is fout nie, word dit dalk net waar. |
Onlangse Kommentaar