Dubai kanselleer nuwejaar

31 12 2008

Jip, dis die heilige waarheid. Ek het ook opgemerk sedert gister dat die kroee in die stad almal toe is. Die volgende berig kom uit Gulf News:

Mohammad orders cancellation of New Year celebrations

Dubai: His Highness Shaikh Mohammad Bin Rashid Al Maktoum, Vice-President and Prime Minister of the UAE and Ruler of Dubai, has ordered the cancellation of all New Year celebrations in Dubai on Wednesday as an act of solidarity with the Palestinian people.

In support of the Palestinians in Gaza, who are enduring all kinds of killing, destruction and displacement by the Israeli military machinery, Shaikh Mohammad instructed all concerned authorities in Dubai to put this order in place and take necessary procedures to circulate the decision to all concerned parties.





Dubai-liggies

29 12 2008

Met verwysing na die vorige post, hier is die liggies wat in die omgewing van Zaabeel-paleis opgegaan het, van so twee dae voor Kersfees en gisteraand was dit nog daar. Nou kyk, in Dubai is daar nie ‘n teken van Kersfees nie (tensy jy Kersfees-shopping en Kersbome in winkelsentrums tel), maar toe hierdie liggies begin opgaan, het ek gedink dis nou nice. Dubai is mos ‘verwelkomend’ teenoor alle nasies. Maar toe was dit nie vir Kersfees nie, dit was vir die troue van sjeik Maktoum se dogter (hy’t seker baie). In elk geval, die strate daar by die paleis lyk nou mooi.





Gelukkige nuwejaar! Dis 1430!

28 12 2008

Wat ‘n verrassing. Ek was bietjie lanklaas hier en nou lyk WordPress sommer heeltemal anders. Die feesseisoen in Dubai voel asof dit nou al ‘n maand lank aanhou, en, om die waarheid te se, dit gaan nou al ‘n maand aan. Maar ons is ook nou al ‘n goeie twee weke of wat effe van die buitewereld afgesny want die internetkabels by Egipte is al weer deur ‘n skip se anker gesleep. Nou gaan die kuber-verkeer via Amerika en die Verre Ooste, dit vat baie, baie lank om ‘n webwerf te laai. Dis darem al beter as ‘n week of wat gelede, toe was ons so goed soos afgesny, mens kon niks oopmaak nie. Nokia se music-webwerf het pas hier oopgemaak, en vir iemand soos ek wat nie in SA itunes se musiek kon koop nie, was dit ‘n wonderlike ervaring. Eindelik kon ek musiek op die internet koop, vir goedkoper as die album in die winkel. Maar die eerste dag toe ek probeer aflaai, het dit letterlik die hele nag gevat vir een album! (Mariah Carey se Merry Christmas). Dis darem nou al heelwat beter, die konneksie is so ver ek weet nog nie heeltemal herstel nie, maar dis darem beter.

Gepraat van Mariah Carey en Kersfees. Die feesseisoen het hier in die VAE op 2 Desember begin (Nasionale Dag – wat ‘n gemors was dit nie. Die mense hier vier Nasionale Dag deur hul karre te ref totdat die enjin letterlik klap terwyl hulle deur die strate jaag. Zef.) Kyk hier:

Toe was dit Eid Al Adha, vir drie dae lank, toe Kersfees, wat natuurlik nie gevier word nie, daar was enkele winkelsentrums met Kersbome en natuurlik het al wat ‘n hotel is Kersetes aangebied (want dis nog ‘n manier om geld te maak). Nou vandag is dit die Moslem nuwejaar. Dis die eerste dag van die jaar 1430! En die 1ste, snaaks genoeg, is die Westerse nuwejaar ook ‘n openbare vakansiedag.

Ek was Kersfees nogal op die uitkyk vir enigiets wat effens die Kersfees-gees gee (natuurlik te veel gevra hier), wat daar was, was kommersialisme in al wat winkel en hotel was, en toe so twee dae voor Kersfees begin die liggies opgaan naby die regeerder se paleis in Zaabeel. Maar natuurlik het enige mooi gevoelens oor Kersfeesliggies gou soos mis voor die son verdwyn. Derduisende dirham se liggies wat die strate vol opgesit is, was alles vir een of ander troue van die regeerder se familie. Niks mooigeit vir Kersfees nie, net liggies vir een familie se troue. Die hele stad vol. Selfugtige spul.

Hier is iets mooier, twee onlangse foto’s van my en Jay.

Op die Dubai-Abu Dhabi snelweg.

Op die Dubai-Abu Dhabi snelweg.

By die Zayed Sportstadion in Abu Dhabi, waar ons die George Michael-konsert bygewoon het.

By die Zayed Sportstadion in Abu Dhabi, waar ons die George Michael-konsert bygewoon het.





Die wysheid van leierskap, aka How to be a benign despot

3 12 2008

Niemand sal wil voorgee dat die VAE ‘n demokrasie is nie (al skryf die koerant waar ek werk gereeld op die voorblad oor ‘meer demokrasie’). Dis eintlik maar ‘n diktatuur. Maar so leer ek toe uit my eie koerant daar is maniere om te maak asof jy die beste heerser op aarde is, al is jy eintlik ‘n despoot. Die regering het onlangs ‘n wet afgevaardig dat alle motors ouer as 20 jaar verbied sal word. Jy sou ook nie toegelaat word om karre ouer as 15 jaar te verkoop nie. Die rede was ‘veiligheid’. Die eintlik rede is natuurlik geld, so dwing hulle almal om gereeld nuwe karre te koop, die kar-plekke maak meer wins en die banke maak meer geld met al die lenings. Maar uit die bloute word die wet toe nou die dag ‘tydelik herroep’. Op die voorblad van my koerant verskyn die volgende berig toe een goeie dag:

Rule banning 20-year-old vehicles postponed

 

Dubai: Vehicles more than 20 years old will still be allowed on the UAE’s roads following instruction from President His Highness Shaikh Khalifa Bin Zayed Al Nahyan.

The decision, issued on Sunday, postpones implementation of ministerial decision No. 535, 2008, which bans vehicles older than 20 years old on the country’s roads. The decision was directed to take effect from Monday, December 1.

In a statement issued by the Ministry of Interior, Lieutenant General Shaikh Saif Bin Zayed Al Nahyan, Minister of Interior said on Sunday that the decision was suspended, which set a cut-off date for the renewal of car registrations, for cars manufactured from 1988.

bla bla bla en dan die volgende juweeltjie:

Shaikh Saif thanked Shaikh Khalifa for his wise leadership and for serving the best interests of the UAE public.

Die wysheid van leierskap. Maak ‘n totaal onmenslike wet en teken dit (hier is baie mense wat nie ryk is nie, anders as wat mense dalk dink, wat net eenvoudig nie nuwe karre kan bekostig nie), en dan prys jy jou eie stert dat jy jou eie onmenslike wet herroep het . . .