Back in the UAE

28 10 2008

Ek is jammer ek het so lanklaas gepost, ek was weg met vakansie, tuis en in die Filippyne. Daar is darem geen plek soos Suid-Afrika nie, ek het elke oomblik van die vakansie geniet. Ek was veral beindruk met die kwaliteit van die nasionale parke. En die standaard van diens oral.

Ek wil net graag aan al die ou spul negatiewe siele wat die wereld vol loop en verkondig hoe standaarde in SA verswak ens ens, se dat hulle bietjie hul oe moet oopmaak. Ek weet waarvan ek praat, my naam is nie verniet rondloper nie, ek ken die wereld, en goed, nie deur die bril van pakket-toere en glansreise op bote of sulke dinge nie, ek het al behoorlik gesien hoe leef mense in baie, baie lande. Ek was nou pas in die Filippyne en dit is ‘n pragtige land, maar ook met ‘n misdaadprobleem. Daar is meer sekuriteit as wat ek in SA gesien het op die hoogtepunt van die vryheidstryd. Maar, ek het nog nie een Filippyn ontmoet (en ek ken baie van hulle) wat selfs vir wildvreemdes begin vertel van sy land se misdaadprobleem nie. Die Suid-Afrikaners wat dit elke dag die wereld vol doen steek my regtig dwars in die krop. Dis mense met geen trots nie, en as jy my vra, ernstige minderwaardigheidskomplekse. Daar is niks fout met SA nie. Inteendeel, dit is een van die snelgroeindste lande ter wereld. Die ‘nuwe’ nasionale parke is byvoorbeeld ‘n toonbeeld van vooruitgang. Ek was in Kruger en Golden Gate. Albei spog met nuwe kampe, nuwe restaurante, top-diens, dis maklik en doeltreffend om plek te bespreek op die internet, daar is net niks fout nie. Waar in die ‘ou’ nasionale parke jy maande, selfs jare, vooraf moes bespreek en jouself moes gelukkig ag as jy die ‘lotery’ vir plek gewen het. Want al die Natte se pelle het reeds lankal die beste kampe vir hulself opge-eien. Nou wemel die park van buitelandse toeriste, die diens is goed, die blyplekke is veel beter as voorheen.

Hier is solank ‘n paar foto’s van SA.

Ek en Jay by die Groot Gat in Kimberley. Die museum daar spog met 'n pragtige nuwe besoekersentrum. En wemel van buitelanders.

Ek en Jay by die Groot Gat in Kimberley. Die museum daar spog met 'n pragtige nuwe besoekersentrum.

Jay op die Havengabrug, 'n minder bekende oorgang oor die Oranje. Pragtig.

Jay op die Havengabrug, 'n minder bekende oorgang oor die Oranje. Pragtig.

Die nuwe kamp by Golden Gate.

Die nuwe kamp by Golden Gate. Dis hoog bo teen die berg, daar is net ses of agt van hierdie huise. Jy kry twee slaapkamers, 'n heerlike kaggel in die sitkamer, en absolute stilte.

En jy kry natuurlik pragtige uitsigte.

En jy kry natuurlik pragtige uitsigte.

Hierdie kalant het vir ons kom kuier in Kruger.

Hierdie kalant het vir ons kom kuier in Kruger.

Almal weet wat dit is.

Almal weet wat dit is.

Reg langs die pad.

Reg langs die pad.