rondloper

A Bloemfontein boy in Dubai

Archive for September 2008

Lank gelede

with 7 comments

Ek is skoon nostalgies vandag. Sit en speel op youtube, wat sekerlik die beste uitvinding in die geskiedenis van die mensdom is. Mens kry die vreemdste videos uit die jare toet as jy eers begin soek, TV-programme wat mens al lankal van vergeet het. So kom ek af op die temawysie vir Vyfster, dit gee seker my ouderdom behoorlik weg, want dis jare en jare gelede. Ek onthou ek het net soms daarna gekyk, want om een of ander rede wou my ma-hulle nie toelaat dat ons dit kyk nie. Die temawysie is so tipies nostalgies Afrikaans. En mens sien al die ou name in die Afrikaane TV-wereld, mense wat jy al van vergeet het.

Written by rondloper

September 29, 2008 at 4:15 pm

Posted in Uncategorized

Toring van Babel

with one comment

Die somer in Dubai is nie ‘n mooi tyd nie. Dis net stof en dis omtrent altyd wat die weermense noem ‘hazy’. Maar nou die dag toe ek ry, was dit effens helderder as gewoonlik en daar hang daar sulke lae wolke oor die stad. Nogal ongewoon. Met die Burj Dubai, die hoogste gebou in die wereld (hy’t so 188 verdiepings) se spits wat bokant die wolke uitsteek. Dit was nou ‘n mooi gesig. Hierdie video wys sommer ook so ‘n bietjie hoe lyk die snelwee in Dubai, en mens kan mooi hoor wat praat hulle alles op die radio oor die verkeersprobleme. Kyk mooi vir die Burj Dubai, mens kan op party plekke in die video sien waar sy spits bo die wolke uitsteek. Mens kan ‘n liggie sien flikker daar. Heel aan die begin van die video is een van daai groot propagandaborde met een van die heersende sjeiks op wat oral in Dubai te sien is. Daar is ooreenkomste met Noord-Korea.

Written by rondloper

September 22, 2008 at 5:45 pm

Posted in Uncategorized

Op ‘n dhow

with 3 comments

Vir my verjaardag het ons gisteraand gaan seil op hierdie dhow. Hulle bedien aandete en seil op die Creek in Dubai. Dis soos 'n rivier wat deur die stad loop, maar dis seewater. Die boot seil tot amper waar die see by die Creek invloei, dis 'n heerlike rustige manier om 'n heel ander uitsig op Dubai te kry. Met al die bouwerk hier is die stad soms maar 'n groot bouterrein, maar die dele langs die Creek is alles ouer dele en dit was regtig nogals besonders om dit van die water te sien. Baie moskees en mens hoor die muezzin wat sing, nogal mooi as dit so oor die water weergalm. Hoogs aan te beveel vir besoekers aan Dubai.

Vir my verjaardag het ons gisteraand gaan seil op hierdie dhow. Hulle bedien aandete en seil op die Creek in Dubai. Dis soos 'n rivier wat deur die stad loop, maar dis seewater. Die boot seil tot amper waar die see by die Creek invloei, dis 'n heerlike rustige manier om 'n heel ander uitsig op Dubai te kry. Met al die bouwerk hier is die stad soms maar 'n groot bouterrein, maar die dele langs die Creek is alles ouer dele en dit was regtig nogals besonders om dit van die water te sien. Baie moskees en mens hoor die muezzin wat sing, nogal mooi as dit so oor die water weergalm. Hoogs aan te beveel vir besoekers aan Dubai.

Hierdie is heel voor op die dek, met die see reg voor ons. Met, vir 'n verandering, 'n sterker drink-dingetjie as die gewone vrugtesap en water wat al die restaurante hier bedien.

Hierdie is heel voor op die dek, met die see reg voor ons. Met 'n drankie, vir 'n verandering, want dis 'n spesiale dag.

Written by rondloper

September 9, 2008 at 4:00 pm

Posted in Uncategorized

‘n Kort buitelandse reis

without comments

Wat is Arabie dan nou sonder kamele? Hierdie kerel het baie nuuskierig nader gestaan toe ons langs die pad gestop het om hulle af te neem. Ek weet nie of 'n kameel dalk skop of iets nie, maar ek het eerder nie te naby gekom nie. Hulle loop sommer so oral langs die paaie hier.

Laasweek het ons bietjie 'n roadtrip deur die sandduine van Arabie onderneem na die Hatta-poele, 'n natuurlike minerale bron in die middel van die woestyn, in Oman, ons buurland. Wat is Arabie dan nou sonder kamele? Hierdie kerel het baie nuuskierig nader gestaan toe ons langs die pad gestop het om hulle af te neem.

Ek en Jay op die VAE/Oman-grens. Mens ry sommer so oor, sonder paspoortbeheer. En dan skielik is jy sommer in 'n ander land. Dis eintlik nogal weird, ek het gedog die VAE is besig om sy grense te seel, in die verlede was die grense nogal oop. Duidelik is daar nog plekke waar die grens oop is. Die landskap verander natuurlik nie, maar die boustyle wel, en in die winkels kry jy kleingeld in Omani rial.

Ek en Jay op die VAE/Oman-grens. Die 51ste land se grens wat ek oorsteek. Mens ry sommer so oor, sonder paspoortbeheer. Die poele is in Oman, en op pad soontoe ry mens ook 'n ent deur Oman, dan weer terug in die VAE en dan weer oor die grens na Oman. Geen paspoortbeheer. Net 'n bord en dan skielik is jy sommer in 'n ander land. Dis eintlik nogal weird, ek het gedog die VAE is besig om sy grense te seel, in die verlede was die grense nogal oop. Duidelik is daar nog plekke waar die grens oop is. Die landskap verander natuurlik nie, maar die boustyle wel, en in die winkels kry jy kleingeld in Omani rial.

Dis in Oman, die pad na die Hatta-poele. Dis eenvoudig skouspelagtig mooi.

Dis in Oman, die pad na die Hatta-poele. Dis eenvoudig skouspelagtig mooi. En dis natuurlik my skouspelagtig mooie Subaru wat daar staan! Hy't hom baie goed gedra op die grondpaaie, wat meer soos SA grondpaaie was as Namibiese grondpaaie. Sleg, dus. Die paaie klim op-op en op, en dan daal hulle weer baie skielik, daar was nogal 'n paar groot en baie steil afgronde wat voor my opgedoem het, amper soos 'n roller coaster.

Dis die Hatta-poele. Eintlik het die plek 'n ander naam, want dis nie eens naby Hatta (in die VAE) nie, dis in Oman naby geen dorp nie. Die water vloei letterlik sommer so uit gate in die rotse. As mens in ag neem dat die omgewing geheel en al kurkdroog is, besef jy hoe spesiaal is hierdie poele.

Dis die Hatta-poele. Eintlik het die plek 'n ander naam, want dis nie eens naby Hatta (in die VAE) nie, dis in Oman naby geen dorp nie. Maar ek kan nou nie die Omani naam onthou nie. Die water vloei letterlik sommer so uit gate in die rotse, heerlik koel. Ek het lekker geswem. As mens in ag neem dat die omgewing geheel en al kurkdroog is, besef jy hoe spesiaal is hierdie poele. Ongelukkig is daar bietjie rommel.

Dis hoe dit lyk na die ander kant van die poele. Die poele is in 'n canyon, met steil kranse aan weerskante.

Dis hoe dit lyk na die ander kant van die poele, van waar mens inkom. Die poele is in 'n canyon, met steil kranse aan weerskante.

In Dubai kan jy na 'n spa gaan waar jy jou voete in 'n poeletjie water sit en klein vissies dan aan jou kom hap. Dit kos omtrent R600 as jy dit in Dubai wil doen. By die Hatta-poele kan jy dit heeltemal gratis in 'n heeltemal natuurlike omgewing doen. Mens kan nie so mooi sien op die foto nie, maar kyk naby, daar's 'n hele skool vissies daar wat aan my voete kou. Na die tyd voel die vel heerlik sag en glad.

In Dubai kan jy na 'n spa gaan en jou voete in 'n poel water sit en klein vissies dan aan jou kom hap. Dit kos omtrent R600 as jy dit in Dubai wil doen. By die Hatta-poele kan jy dit heeltemal gratis in 'n heeltemal natuurlike omgewing doen. Mens kan nie so mooi sien op die foto nie, maar kyk naby, daar's 'n hele skool vissies daar wat aan my voete kou. Na die tyd voel die vel heerlik sag en glad.

Hierdie is weer terug in die VAE, dis op die pad tussen Hatta en Dubai, waar mens van die grootste sandduine in die VAE kan sien. Ek het lekker hier op die sand gery met my Subaru, maar ek het liefs nie die duin self probeer uitry nie, ek dink nie die kar sal dit kan hanteer nie.

Hierdie is weer terug in die VAE, dis op die pad tussen Hatta en Dubai, waar mens van die grootste sandduine in die VAE kan sien. Ek het lekker hier op die sand gery met my Subaru, maar ek het liefs nie die duin self probeer uitry nie, ek dink nie die kar sal dit kan hanteer nie. Daai wit kar daar in die agtergrond sit juis vas.

Written by rondloper

September 9, 2008 at 3:39 pm

Posted in Dubai, Wonderful places

Tagged with , , ,