Omgekeerde boetes
15 05 2008Gewoonlik wanner die polisie jou langs die pad voorkeer, klop die meeste mense se harte waarskynlik ‘n bietjie vinniger. Selfs meer so hier in Dubai, want jy wonder dalk of daai onwettige bier wat jy in die spaarwiel weggesteek het, gekry gaan word, en of jy onthou het om die (’goedkoop’) Chinese DVD wat iemand vir jou geleen het, uit die kar te laai. Maar minstens volgende week kan jy uitsien daarna om deur die polisie gestop te word. Hulle gaan ‘goeie’ bestuurders, mense wat basiese padreels navolg (soos om jou veiligheidsgordel te dra en in jou baan te bly - iets wat krisis-afmetings kan aanneem as jy dit nie doen in die sirkels hier nie, wat nie beteken dat mense wel in hul bane bly nie . . . ) beloon met ‘n kontantbetaling van Dh750 (so R1600), net daar waar hulle jou voorkeer as jy hou by die reels. Dit word glo elke jaar gedoen. Nie dat dit veel help nie, hier is ‘n paar maniakke op die pad. Mense wat by afdraaie op die snelweg van die buitenste baan af reg oor ses of sewe bane voor al die karre verbyjaag om af te draai. Mense wat letterlik 160 km/h jaag in stil woonbuurt-strate (brul-brul verkieslik, met die enjin wat in ‘n lae rat gehou word vir die grootste effek) met ‘n perk van 60 km/h. Mense wat sommer so oor ‘n paar bane gelyktydig ry. Mense wat net eenvoudig dood stop in die middel van die pad as hulle nie weet waar hulle is nie . . . Die lysie gaan aan. Hulle het dit baie, baie moeiliker gemaak om ‘n rybewys te kry, ‘n goeie ding, nou moet hulle net die maniakke wat steeds op die pad is verwyder.
In elk geval, hier is die artikel uit my koerant oor belonings vir goeie bestuurders.
|
By Alia Al Theeb, Staff Reporter |
|
Dubai: The annual Caltex RoadStar Contest that promotes safe driving and rewards safe drivers, will kick off on May 18, for the first time also in Abu Dhabi.
It is organised by the Emirates Motor Sports Federation. Brigadier Mohammad Saif Al Zafein, Director of Dubai Police’s Traffic Department, said the campaign helps send the message that safe driving pays. The campaign will take place on May 18 and 19 in Dubai and on May 21 and 22 in Abu Dhabi. Organisers will look for drivers who observe basic principles of good driving such as wearing seatbelts, using child safety seats, using indicators and hands-free mobiles, observing lane discipline and displaying courtesy, in addition to adhering to speed limits. Drivers will be rewarded with a cash payment of Dh750 on the spot, gifts and a certificate endorsed by Dubai Police in Dubai and Abu Dhabi Police in Abu Dhabi. This often makes a difference to the lives of the many winners, who send the money home to support their families. The RoadStar team will patrol Dubai and Abu Dhabi roads during rush hours in the mornings.
|





Jeez, ek dink in Kaapstad sal ek die geld kry.
Ek het vergeet om te noem die begroting vir die beloning is Dh2 miljoen in Dubai en Dh2 miljoen in Abu Dhabi. Dus is jou kans om ‘beloon’ te word nogal groot . . .
Not bad. Dis dalk ‘n goeie idee om dit hier te doen. Dink jy ons kan die storie vertaal en in DB sit?
ek het een boete waarvan ek weet, vir ‘n dogmore belt wat ek nie gedra het nie, safety belt, ek het die boete gevat opgeskeur en weggegooi!!!
Bargain! Die paar dae wat ek in Bahrain spandeer het, het my ook “on the edge of my seat” gehad. Hulle bestuur maar woes! Jordanië was ook skrikwekkend. Lyk my die Midde-Ooste hou baie van spoed, maar minder van reëls.