Oral langs die pad in Dubai is sulke reusagtige, helder-verligte tekens. Dis gewoonlik in Arabies, maar nou die dag langs Emirates-weg het ek een gesien in Engels. Daar staan iets in die lyn van: ‘Ons visionere leiers’. Die ou in die middel is DIE sjeik (van Dubai), die ander twee is ook sjeiks, hulle is sy seuns. Hy het baie seuns en dogters. Hulle is almal sjeiks. Hulle is ook almal ministers of voorsitters van maatskappye. In baie gevalle is hulle ministers EN voorsitters van maatskappye. Die minister van vervoer is byvoorbeeld ook die eienaar van ‘n motormaatskappy en besit ‘n koerant. Daar is nie so-iets soos botsende belange hier nie. Ek lewer geen kommentaar nie, ek stel bloot die feite wat vanselfsprekend is. Die sjeik links is nogal aantreklik en hy word soos ‘n ‘brand’ gebruik oral in Dubai, mens sien hom meer op reusagtige posters as enigiemand anders, hy dra dikwels ook ‘n sonbril op die poster.
Wees versigtig
30 05 2008Die volgende woorde (onder meer) is verbode by die Dubaise koerant waar ek werk. Wanneer jy die spell-checker gebruik aan die einde van die storie, dan stop hy op elkeen van hierdie woorde, met die boodskap: “Hierdie woord is verbode. Is jy seker jy wil dit gebruik?” Ek vermoed die woorde stem nie ooreen met die morele en kulturele waardes van die Midde-Ooste nie. Die woorde verskyn nogal dikwels in stories.
sex
prostitute
gay
homosexual
naked
rape
ball
lesbian
Miskien gaan die VAE se sensors nou hierdie woorde op my blog optel en my blog verbied.
Comments : 5 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Stofstorms
27 05 2008Die somer is hier, al ‘n hele paar weke lank. Bedags in Dubai raak dit so 40 grade (Celsius), soms 42, in Augustus word dit glo tot 50, volgens die mense wat al lank hier woon. Mens leef maar binnemuurs, dan is dit eintlik soms koud, want die lugverkoeling is oral baie koud. Maar jy moet wel van jou kar tot by die kantoor loop, of van die huis na die kar. Dan voel die kar binne soos ‘n oond, al het jy ‘n sonskerm opgesit, dit help net eenvoudig nie. Saans koel dit af tot so 30 grade, soms raak dit regtig koud, dan is dit so 28 grade. Maar gelukkig is hier ‘n wind wat hulle die shammal noem, ‘n briesie is soms ‘n heerlike verligting. Al voel die brieisie of hy uit ‘n haardroer kom, dis nou nie eintlik wat mens sal noem koel nie. Maar die briesie, as hy sterk waai, bring stofstorms. Regte egte Arabiese stoftstorms. Eergister en gister was sulke dae. Toe ek eergister van die huis af Dubai se kant toe ry, kon jy nie eens die stad sien nie. Glad niks. Ek het altyd ‘n pragtige uitsig hier van International City se kant af op die wolkekrabbers, maar gister was daar niks. Net so ‘n dynserige stofwolk oral waar jy kyk. Wat natuurlik nie beteken dat mense dan stadiger ry nie. Die blote feit dat die meeste karre voor jou op die snelweg in stof-newels verdwyn, is blykbaar nie regtig ‘n goeie rede om jou spoed effens te verminder nie (Dis nie my foto daai nie, ek het eerder op die pad gekonsentreer).
Comments : 1 Kommentaar »
Kategorië : Uncategorized
Maak of jy getroud is
27 05 2008Bertus! het reeds geskryf oor die arme tranvestiete wat nie meer welkom is in die VAE nie. (Ek wil dalk net byvoeg dat ek nie daai artikel gesub het nie, dit kort werk . . . ) Ek wonder nou net by myself, hoe gaan die polisie weet of die persoon wat hulle wil arresteer ‘n man of ‘n vrou is. Gaan enige vrou wat dalk haar grimering te dik aangesit het en ietwat vreemde klere dra, aangesien word as ‘n transvestiet? Daar’s baie van hulle hier, hulle kom saans uit in plekke soos Bur Dubai en dan doen hulle ‘besigheid’. Sal daar ‘n toets wees om die objek van suspisie se geslag te bepaal? En as hulle dalk verkeerd is, sal die persoon hulle mos kan aankla vir onsedelike aanranding of iets. Want ek kan nie dink dat die toets anders as visueel sou kon wees nie.
Daar was ook gister in my koerant ‘n berig oor twee vroue wat op die strand in Sharjah in hegtenis geneem is omdat hulle mekaar glo gesoen het. Volgens die polisie het hulle ‘bo-op mekaar geslaap’ en ‘opgetree soos ‘n getroude paartjie’ toe hulle op die strand was. Hulle was in die hof en is nou albei gevonnis tot ‘n maand in die tronk en daarna word hulle gedeporteer huis toe, die een gaan Bulgarye toe en die ander een Libanon.
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Verre Lande, Vreemde dinge
Karre en bestuurders
27 05 2008Al daai deurmekaargeit van die eerste paar weke het oorgewaai en nou voel (en is) ek ‘n permanente inwoner van die VAE. Ek dra nou in my beursie ‘n VAE-rybewys en ‘n VAE-identiteitskaart. Ek is nou ‘n local. Ek kan byvoorbeeld nou ‘n kar koop. Ek begin nou rondkyk, ‘n mens raak maklik verlei hier deur die opsies beskikbaar. Binne die begrote bedrag wat ek bereid is om te spandeer, kan ek enigiets van ‘n tweedehandse Jaguar X-type (2007-model) tot ‘n splinternuwe Hyundai Tucson of Pajero of GMC 4×4 koop. Almal hier ry rond met 4×4’s, daar is goeie rede daarvoor, want soms sal jy hom wel gebruik in die woestyn, en, belangriker, jy voel baie veiliger op die pad. Maar dit is darem wraggies nou nie eintlik politiek-korrek om met ‘n gas-guzzler rond te ry nie . . . Tog oorweeg ek dit. Petrol is goedkoop, ek betaal op die oomblik 50 dirham (R105) om my Mitsubishi Lancer se tenk vol te maak. Ek dink dis ‘n 40 liter of 45 liter-tenk. En veiligheid is darem beslis ‘n belangrike oorweging. Hier is ‘n hele klomp sotte op die pad wat my elke dag briesend maak. Hulle kom almal van ‘n sekere land, wat nie bekend is vir sy bestuursvernuf nie, maar ek gaan nie skryf watter land nie, want anders word ek dalk daarvan beskuldig dat ek mense stereotipeer . . . Wat my die meeste ontstel is die mense wat op jou stert ry en begin ligte flits sodat jy moet padgee. Ek doen dit graag as ek in die linkerkantste (vinnigste) baan ry, maar as ek in enige van die ander ses of sewe bane ry, weier ek bloot. Hulle kan gaan vlieg. Die twee of drie regtekantste bane is gewoonlik vol trokke en baie stadig, die volgende twee bane is waar mens net gewoonweg ry en mooi by die spoedgrens hou, en die heel linkerkantste baan is die vinnige een. Hulle kan daar gaan ry as hulle wil. Dis mense wat geen oordeel hoegenaamd aan die dag le nie en letterlik op jou stert kom sit en begin flikker. Flikker voort, is my antwoord daarop. As ek in ‘n vinniger baan is en al die res is baie stadig, en die vinnige baan is oop, kan jy mos in die vinnige baan verbygaan? Ek is ‘n baie bedagsame bestuurder, ek stop deesdae vreeslik graag by voetganger-oorgange (want dis mos hoe dit werk), maar niemand anders doen dit nie. Dan raas daai toeters agter my darem. Maar waar het daai mense hul lisensies gekry, wonder ek. Ja, dus, ‘n groot kar sal my baie veilig laat voel. En die woestyn oopmaak vir interessante verkenningstogte, ek sal graag bietjie Oman toe wil ry, dis net 100km van my huis af, en ook Katar en selfs Jemen, maar dis blykbaar bietjie moeilik vir Westerlinge soos ek om deur Saoedi-Arabie te ry, sal maar moet uitvind wat die regulasies is.
Comments : 3 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Omgekeerde boetes
15 05 2008Gewoonlik wanner die polisie jou langs die pad voorkeer, klop die meeste mense se harte waarskynlik ‘n bietjie vinniger. Selfs meer so hier in Dubai, want jy wonder dalk of daai onwettige bier wat jy in die spaarwiel weggesteek het, gekry gaan word, en of jy onthou het om die (‘goedkoop’) Chinese DVD wat iemand vir jou geleen het, uit die kar te laai. Maar minstens volgende week kan jy uitsien daarna om deur die polisie gestop te word. Hulle gaan ‘goeie’ bestuurders, mense wat basiese padreels navolg (soos om jou veiligheidsgordel te dra en in jou baan te bly – iets wat krisis-afmetings kan aanneem as jy dit nie doen in die sirkels hier nie, wat nie beteken dat mense wel in hul bane bly nie . . . ) beloon met ‘n kontantbetaling van Dh750 (so R1600), net daar waar hulle jou voorkeer as jy hou by die reels. Dit word glo elke jaar gedoen. Nie dat dit veel help nie, hier is ‘n paar maniakke op die pad. Mense wat by afdraaie op die snelweg van die buitenste baan af reg oor ses of sewe bane voor al die karre verbyjaag om af te draai. Mense wat letterlik 160 km/h jaag in stil woonbuurt-strate (brul-brul verkieslik, met die enjin wat in ‘n lae rat gehou word vir die grootste effek) met ‘n perk van 60 km/h. Mense wat sommer so oor ‘n paar bane gelyktydig ry. Mense wat net eenvoudig dood stop in die middel van die pad as hulle nie weet waar hulle is nie . . . Die lysie gaan aan. Hulle het dit baie, baie moeiliker gemaak om ‘n rybewys te kry, ‘n goeie ding, nou moet hulle net die maniakke wat steeds op die pad is verwyder.
In elk geval, hier is die artikel uit my koerant oor belonings vir goeie bestuurders.
|
By Alia Al Theeb, Staff Reporter |
|
Dubai: The annual Caltex RoadStar Contest that promotes safe driving and rewards safe drivers, will kick off on May 18, for the first time also in Abu Dhabi.
It is organised by the Emirates Motor Sports Federation. Brigadier Mohammad Saif Al Zafein, Director of Dubai Police’s Traffic Department, said the campaign helps send the message that safe driving pays. The campaign will take place on May 18 and 19 in Dubai and on May 21 and 22 in Abu Dhabi. Organisers will look for drivers who observe basic principles of good driving such as wearing seatbelts, using child safety seats, using indicators and hands-free mobiles, observing lane discipline and displaying courtesy, in addition to adhering to speed limits. Drivers will be rewarded with a cash payment of Dh750 on the spot, gifts and a certificate endorsed by Dubai Police in Dubai and Abu Dhabi Police in Abu Dhabi. This often makes a difference to the lives of the many winners, who send the money home to support their families. The RoadStar team will patrol Dubai and Abu Dhabi roads during rush hours in the mornings.
|
Comments : 5 Comments »
Kategorië : Verre Lande, Vreemde dinge








Onlangse Kommentaar