So lyk Spanje
14 04 2008Ek het nog nie internet by die huis nie, dis hoekom ek nie so baie blog op die oomblik nie. Maar hier is solank ‘n prentjie van Spanje, waar ek nou woon. Die hele International City is nog baie nuut, daar is nog nie so baie winkels en dinge nie, maar dis heel nice daar, en dis glad nie ver van baie ander plekke in Dubai nie. Die huur is nie so belaglik hoog soos elders in Dubai nie, seker maar omdat daar ‘n persepsie is dat dit ver van die stad is of ver van al die aksie is. Dis nie 100% waar nie, ek ry net 20 minute werk toe, so 18km se ry. Die omgewing daar is wel nogal bar, daar is net sand en bossies. Hulle het verlede week begin om palmbome en ander plante aan te plant. Net om ‘n idee te gee, die goedkoopste woonstel in Dubai op die oomblik kos R85 000 per jaar, juis in International City. Jy moet vooruit vir die hele jaar betaal. Oral elders kos dit van R120 000 per jaar en meer. Natuurlik moet mens nie in rand dink nie, ek gee maar net die rand-bedrag ter verduideliking. Maar selfs al verdien jy dirhams is dit duur. Dit is die grootste enkele uitgawe hier, die verblyf. Met myne uitgesorteer na die aanvanklike gesukkel, voel dit soos ‘n vreeslike las wat van my skouers af is.






Recent Comments