Moenie wegry nie

10 04 2008

Elke dag, wanneer ek by ‘n kafee inhardloop, of lank by ‘n winkelsentrum besig is, of gou bank toe gaan, of besig is om my rybewys te kry, sien ek motors langs die pad staan in Dubai, in parkeerterreine by winkelsentrums, voor die bank, langs die straat. Met die sleutel in die aansitter en die enjin wat hardloop. Dis sodat die kar nie warm word binne nie, sodat die lugreeling aanhou werk terwyl die kar-eienaar sy sake afhandel. Wat die prentjie nog meer interessant maak, is dat die eienaar gewoonlik niemand in die kar agterlaat nie. Die kar staan sommer so op sy eie daar met die enjin wat hardloop en die sleutel in die aansitter. Daar is ook nie wagte wat kyk of iemand anders wat dophou nie. Dis nie ‘n buitengewone prentjie nie, ek sien dit daagliks en gereeld. Ek neem aan die kar is nog daar wanneer die eienaar sy sake afgehandel het, anders sou so baie mense dit seker nie gedoen het nie.


Actions

Information

4 responses to “Moenie wegry nie”

11 04 2008
boerinballingskap (15:51:14) :

Dis interessant! Presies dieselfde in Korea. Die voordele van ‘n gebrek aan motordiefstal is amazing….

11 04 2008
Wipneus! (16:33:28) :

Is dit nie dalk die paradys nie?

13 04 2008
rondloper (10:05:38) :

Die paradys? Dis dalk bietjie oorywerig. Geen misdaad, maar geen persvryheid? Geen misdaad, maar geen persoonlike vryheid? Geen misdaad, een van die duurste stede ter wereld vir verblyf? Keuses.

15 04 2008
PienkZuit (14:43:54) :

Dis net soos daardie hout bote wat daar in die Dubai Creek vasmeer en ‘n paar dae vat om hulle voorraad te laai. Daar staan yskaste, tv’s, rekenaars, enige iets, net daar op die sypaadjie, en niemand steel dit nie. Niemand pas dit eers op in die aand nie. Maar soos jy sê: keuses.

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>