Nog ‘n bietjie Dubai

14 02 2008

Hier is nog so ‘n paar foto’s van laasweek se trippie in Dubai. Oor ‘n maand of wat as ek daar bly, sal daar nog baie, baie meer wees. Die spesery-markte is vir my wonderlik, oor al die reuke wat in die lug hang. Wierook, mirre, kaneel, allerhande soet reuke wat swaar in die lug hang. Daar is ook ‘n goudmark waar ek nog nie was nie, blykbaar word die mees kosbare goudprodukte sommer so oop en bloot uitgestal.

Reik na die sterre. Die hoogste gebou ter wêreld, niks anders kom naby daaraan nie. Toe die mense van Babilon jare gelede in min of meer dieselfde omgewing dieselfde wou doen, het hulle bietjie probleme opgetel. Nou is die tegnologie beter.

Sommer net ‘n uitsig op die Creek (die woordeboek sê dis ‘n inham in Afrikaans . . . ) Dis ‘n hele groot stuk water wat diep die binneland inloop van die see af, wat ‘n groot deel van die stad in twee verdeel

Op die water dink ‘n mens diep.

Lugverkoelde riviertaxi. Dit kos 1 dirham (R2) om van die een kant na die ander kant te vaar.