Ek kan nou meer onthul. My werksonderhoud in Dubai het goed afgeloop, ek het ‘n werksaanbod gekry. My kort reis soontoe van vier dae was genoeg om my te oortuig dat ek graag ‘n tyd lank daar sal woon, die mengsel van die hele wereld wat daar byeen kom is vir my baie interessant. Dus, as alles goed gaan, woon ek binne ‘n maand of wat daar.
En dan sal ek hierdie sien as ek met die watertaxi rondry.
Maar eintlik meer van hierdie.
Dubai, waar die oue en die nuwe elke dag onmoet, en die mense van die hele wereld die spreekwoordelike pot goud aan die einde van die reenboog gaan soek.









Recent Comments