Grotmanne en kerse
28 02 2008Die ander dag toe ek op Strydenburg was om stil en rustig op my eie tydelik afskeid te neem van my huis, sit ek daar in die sitkamer en geniet ‘n goedkoop bier, iets wat my ongelukkig nie meer in Dubai beskore gaan wees nie, toe die krag uitskop. Steek toe maar al die kerse wat die hele huis vol staan aan (daar is oral kerse en kandelare, ek dink as die locals daar inkom sou hulle my van vreemde dinge beskuldig, miskien ook omdat daar allerhande heidense prentjies en beelde oral in die huis is). Soos die biertjie vloei en die kerse brand en alles baie, baie stil raak (want daar’s mos nie krag nie) merk ek toe (want ‘n vlam is tog hipnotiserend, in die dae voor TV het grotmanne na die vlamme van hul vure gestaar om die aand om te kry terwyl die vroue velle brei vir die strooibeddens) hoeveel motte en goetertjies vlieg reguit na hul dood die lig in. Ek was reg om hier heel filosofies te raak oor die soeke na die lig en dan as jy dit kry, dit wat jy nog altyd gesoek het, dan is alles ook verby, vir ‘n millisekonde is alles helder en lig en skoon en reg, en dan, boem, pikgitswartdonker, vir ewig. Toe herinner iemand my aan Langenhoven se gedig. Hy stel dit dalk beter as wat ek kan.
DIE MOT EN DIE KERS
Ek meen Langenhoven se kers wys eerder op iets soos die verbode vrug, die sonde selfs, vir my is die kers se lig eenvoudig net dit, die lig. En lig is goed, dis nie verkeerd of verbode nie. Maar tog, as jy te naby kom . . .
Comments : 1 Comment »
Categories : Uncategorized















Recent Comments