Tegnologiese wonderwerk

Dis ‘n foon. Dis ‘n uitstekende kamera. Dis ‘n baie goeie videokamera. Dis ‘n rekenaartjie met volledige web browsing, internetradio, direkte posting na blogs en flickr, lewendige streaming internetvideos (soos YouTube), dis ‘n stereo-musiekspeler (eksterne speakers!), dis ‘n musiekspeler, dis ‘n radio, dis ‘n game met topkwaliteit graphics en dis ‘n regte GPS, met kaarte van die hele wereld. Dis wonderlik! Jammer vir al die Engelse terme, tegnologietaal is vir my moeilik om te vertaal. Verlede jaar het ek lank gewik en weeg watter nuwe selfoon om te kry, soos ek voorheen hier geblog het. Vir my is so-iets ‘n groot besluit, ek is bietjie van ‘n gadget freak en hoe meer truuks my gadgets het, hoe beter. Ander mense droom van reuse-strandhuise en 4×4’s, ek droom van gadgets, so los my uit. Eindelik, nadat ek byna elke review wat beskikbaar was op die internet en elders gelees het, het ek besluit op die Nokia N95. En ek kyk nie terug nie!
Die foon kan alles doen wat jy gewoonlik kan doen, en nog veel, veel meer. Ek is veral beindruk met sy kamera (die post hieronder het ‘n foto wat ek daarmee geneem het); die Maps-application, waar jy kaarte van sowat 130 lande kan laai en dan is daar ‘n GPS-ontvanger wat jou posisie kan bepaal en jou roetes kan uitwerk; die moontlikheid om verskillende programme op te laai, soos ‘n program waarmee ek YouTube-videos kan kyk, enigiets wat beskikbaar is op YouTube, en ook ‘n program wat ek gelaai het waarmee ek internetradio kan luister, enige internetradio in die hele wereld; en die opsie om direk van die foon my foto’s na flickr te stuur. Wat ‘n wonderwerk. Maar volgende jaar is dit seker ou nuus. Nokia bemark hierdie foon as ‘n multimedia computer, seker ‘n bietjie dik vir ‘n daalder, hoewel hy basies enigiets kan doen wat jy gewoonlik op ‘n rekenaar kan doen. Hy’t net nie ‘n qwerty-sleutelbord nie (maar jy kan altyd ‘n bluetooth-sleutelbord gebruik, ook bluetooth-stereo-oorfone, of speakers . . . )


Flip, ek wens ek het so ‘n foon gehad. Would never get lost again!
Zee
January 7, 2008 at 2:03 pm
hmm…hoe goed is daai beeldkwaliteit? lyk dit régtig soos op daai foto?
Johan Swarts
January 9, 2008 at 2:07 am
Johan, ja, die kwaliteit is verstommend. Kyk, ek bluf nie myself nie, dis ‘n foon en nie ‘n kamera nie, maar daar is baie digitale kameras op die mark wat nie naby hierdie foon kom nie, soos my vorige een. As jy sou click op my flickr-link, kan jy die foto in volle grootte oopmaak, en jy sal sien die resolusie is besonder goed. Die large-size-opsie wat flickr het, is die beste, maar volledige grootte is glad nie sleg nie. Dis goed genoeg om in ‘n koerant te publiseer. Vra my, ek weet. Daar is net auto focus, maar ‘n baie goeie auto focus, nie een van my vorige digitale kameras het byvoorbeeld ‘n geluidjie gemaak om aan te dui dat hy nou in fokus is nie. Hy kan wel nie zoom nie, maar geen foon kan regtig zoom nie. Digitaal, ja, maar dis twak. Daar’s ‘n nuwe Samsung wat wel kan zoom, maar sy eindkwaliteit is nog nie naby die Nokia nie.
Zee, watse foon het jy op die oomblik? Al Nokia se N-series fone kan die maps-ding doen. Soos die N73, wat die een is wat ek ook oorweeg het. En party van hul ander, nuwer fone ook. Hulle het wel nie almal GPS nie, maar kan tog die roete uitwerk. Ja, ek speel soms sommer op die toilet met die maps-ding, dis wonderlik. Ek kies ‘n roete en kyk hoe werk hy dit uit, en dis altyd nogal reg. Wonderlik! En die GPS kry my altyd, die naweek in Tesselaarsdal het ek hom weer getoets en hy werk soos ‘n bom.
rondloper
January 9, 2008 at 3:10 am
Hi, nee jong lyk my my luck is uit, ek het ‘n Samsung U700. Moet miskien uitvind of die dingetjie nie dit ook kan doen nie!
Zee
January 9, 2008 at 8:16 am
Rondloper
Stuur asseblief jou e-pos adres na tydskrif@gmail.com. Ons het ‘n boodskap vir jou
Johan Swarts
January 9, 2008 at 4:55 pm
Toe ons nog kinders was was ‘n telefoon maar net ‘n telefoon.
Vandag het die kinders beter fone as ons, my seun het net die beste … ek sit maar met my Nokia N70. Het darem nou al geleer, MMS stuur, MXIT, mails ontvang en stuur, weet nie eers hoe en waar om die ding se ringing tone te verander nie, by the way waar kan ek die ding stel dat dit langer lui, dit lui skaars dan gaan dit oor voicemail toe, ek het al oral gaan kyk en gelees, en gaan soek, maar aikona die ding lui skaars, ek hoor gereeld nie eers die ding lui nie. HELP man klink my julle is expert met die N reeks.
SHARKS
January 10, 2008 at 9:02 am
Sharks, ek raai nou maar net. Miskien is die luitoon op jou foon ene wat nie baie lank lui nie, dalk moet jy die luitoon net verander. Of dalk is die luitoon-soort (ringing type) gestel op iets soos ‘ring once’, en dis hoekom hy so kort lui. Gaan na Tools, dan kies jy Settings, dan General, dan Personalisation, dan Tones. Scroll af na Ringing Type, hy behoort te wees Ringing. Verander hom na Ringing as hy nie is nie, dit behoort die probleem op te los. As dit wel op Ringing is, moet jy dalk die luitoon self verander. Op dieselfde plek gaan jy na Ringing Tone en scroll deur hulle, elke een waarop jy stop, sal speel, dan kan jy luister of daar nie een is wat langer speel nie. Hoop dit werk. Verder kan ek nie eintlik dink wat anders jy kan verander nie.
rondloper
January 11, 2008 at 1:04 am
Dankie jy maar jong ek het ‘n song op die liedjie van DIS VERBY, maar glo my dit begin nog net lui binne 5 sekondes omtrent dan gaan dit oor voice mail toe, maak nie saak wat ek try nie, selfs die slim kinders het al alles probeer, ek het gereeld met ‘n spul miss calls, en as jy nie jou krom bene stompies hardloop nie, sit jy met nog ene.
SHARKS
January 11, 2008 at 6:43 am