rondloper

A Bloemfontein boy in Dubai

Die nuwe jaar in Tesselaarsdal

with one comment

Hierdie is die eerste foto wat ek op my blog post wat geneem is met my nuwe Nokia N95-foon. Hierdie foto wys watse soort kwaliteit ‘n mens met die foonkamera kan kry. Dis 5 MP. Dis op Tesselaarsdal, ek het vandag vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer gaan kyk hoe lyk my grond daar. Ja, dis net ‘n stuk grond, maar dit verander wel. Daar is inderwaarheid ‘n dennebos wat besig is om vorm aan te neem. Toe ek die grond gekoop het was dit poedelnakendkaal. Vandag het ek minstens 35 dennebome getel, in verskillende vorme van grootword. Hier is die grootste een, een van die mediumgrotes en enkele kleintjies. Lyk my dennebome teel aan soos hase, dis seker hoekom hulle deesdae ‘n beheerde plantsoort is. Ek sien ‘n mens mag hulle nog aanplant, maar jy moet hulle beheer, weghou van die grensdraad en weghou van waterreserwes. Gelukkig is my grond ‘n baie steil heuwel (vandaar die mooi uitsig op Tesselaarsdal daar onder), en die grond is redelik bar. Daar groei net enkele bossies. Die dennebome neem nie enige inheemse plante se kos weg nie.

Written by rondloper

January 6, 2008 at 5:57 pm

Posted in Tesselaarsdal

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dit lyk soooo mooi!

    maritasays

    January 8, 2008 at 11:16 am


Leave a Reply