Wat mens nie in die koerant sien nie

14 12 2007

Daar was vanaand ‘n gyseldrama in Kraaifontein. Wel, nie regtig ‘n gyseldrama nie, ‘n polisieman het homself gyselaar gehou, werkstres en so aan. Dit was onseker of hy gewapen was, maar die polisie wou nie kanse vat nie en die hele taakmag van die polisie het op die stil straat in Kraaifontein toegesak. Die bure het toe sommer hul stoele nader getrek om daar van die sypaadjie af die stukkie realiteits-TV van nader te bekyk. Die tannie hier in die voorgrond het selfs gesorg dat sy ‘n drankie het vir die aksie (lyk soos lekka brannewyn en Coke), daar in die sakkie aan die armleuning van haar kampstoel.