Die wilde perde van Strydenburg

7 11 2007



PA220319

Originally uploaded by rondloper

Met Guy Fawkes wat gister was en al die onnadekende mense wat klappers afgevuur het, dink ek onwillekeurig aan diere. Daar was vandag in die Suid-Kaapse uitgawe van Die Burger ‘n ander berig oor diere - in George het kinders ‘n perd wat iewers gewei het, bloots gery en om hom aan te moedig om vinniger te ry, met ‘n skerp voorwerp in die maag gesteek. Daar was ook ‘n vulletjie, wat hulle ook gery het. Die vulletjie het sy been beseer en moes uitgesit word toe die DBV op hom afkom. Die merrie is gered.
Hierdie foto is die wilde perde van Strydenburg. Ek (almal) weet van die wilde perde van die Namib, maar wie het al gehoor van die wilde perde van Strydenburg. Hulle loop vry in die dorp rond, minstens hierdie drie, maar ek het al ander ook gesien. As ek soms saans in my huis daar is, dan hoor ek ‘n perd in die grondpad voor die huis af galop. Dan loer ek deur die gordyn en sien dis nog ‘n wilde perd, wat sommer net vir ‘n uitstappie op sy eie gaan. Ek wonder of hulle aan enigiemand behoort. Klink vir my na ‘n toeriste-attraksie.
Eiendom op Strydenburg is nog goedkoop.





Die ruimtewesens kies toe Italië

1 11 2007

Ek luister graag saans ‘n bietjie RSG wanneer ek in my motor ry. Dis omdat ek eintlik verkies om na Fine Music Radio (FMR) te luister, want soos hul eie advertensies lui: daar is nie tyd in my lewe vir ‘n kakofoniese geraas nie. En ek is bevrees die ander radiostasies saai almal verskillende grade van kakofonie uit. Dus is die enigste oplossing FMR, nie dat ek myself as ‘n groot kenner van klassieke musiek beskou nie, dit val bloot gemaklik op die oor terwyl ek rondry. Die enigste lollery met FMR is dat hulle ook jazz uitsaai, en ek is bevrees daarna kan ek meestal nie luister nie (soms ‘n bietjie Jamie Cullum of iets ligs, maar ek sukkel om die soms baie swaar jazz wat FMR kan speel te verstaan of te waardeer). Dus, dan skakel ek oor na RSG, waarna ek ook dikwels luister wanneer ek op Strydenburg is omdat dit die enigste stasie is wat ek daar opvang. En veral laataand het ek al vrolike tye gehad saam met RSG, wanneer die gespreksprogramme begin en al die vragmotorbestuurders en naguile van die land begin inbel. Dikwels met sulke suf-gerookte rasperstemme, effense onduidelike woorde (die whiskeyglas is mos nou al die hele aand die enigste geselskap vir tannie Betsie in die Baai wat wag totdat die geselsprogram begin dat sy darem nou met iemand anders kan praat as die glas . . . ) En dan hoor ek dinge wat ek nooit vantevore sou geweet het nie, soos dat ruimtewesens onlangs Sicilië in Italië ingeval het. Regtig. Regeringsverslae en wetenskaplikes se verslae het dit bevestig. Hoewel die inbellers nie heeltemal saamgestem het nie. Maar as jy google vir ”aliens” en ”Sicily” kry jy sommer baie artikels, soos hierdie een:

Aliens caused Sicily fires, say officials

Aliens were responsible for a series of unexplained fires in fridges, TV’s and mobile phones in an Italian village, according to an Italian government report.

Canneto di Caronia, in northern Sicily, drew attention three years ago after residents reported everyday household objects bursting into flames.

TV news footage at the time showed electrical appliances as well as cookers, a pile of wedding presents and furniture smouldering.

Dozens of experts including scientists, electrical engineers and military boffins, arrived in the village 60 miles east of Palermo to investigate the phenomenon.

Arson was quickly ruled out and at one stage an amazed scientist was interviewed after he described how he saw an unplugged electrical cable burst into flames.

Now in an interim leaked report published by several Italian newspapers it has emerged that the Civil Protection Department has concluded the most likely cause was “aliens”.