Dekadensie in die pienk hotel

30 10 2007

mount1.jpg

Ek en ‘n groepie kollegas en vriende het Sondagmiddag onsself soos colonials gedra en High Tea by die Mount Nelson gaan nuttig. Wat ‘n pragtige uitstappie. Dis nou nie iets wat ek elke Sondag sal kan doen nie - dis nogal duur, R140 per kop - en ek sou naderhand geirriteerd raak met die stywelip-tannies van die suidelike voorstede wat elke Sondag daar uithang. Maar alles was die moeite werd, dit was een van daai uitsonderlike, ietwat bedompige dae in die Kaap, ons het daar onder die palmbome op die terras gesit met vriendelike kelners in swart en wit uitrustings wat potte en potte koffie en tee aangedra het, om te drink uit fynporselein-koppies, en dan het jy elke nou en dan die buffet-tafels binnekant gaan trotseer. Dié High Tea is al deur verskeie reisskrywers uitgewys as die beste ter wêreld. Seker nie onmoontlik nie, want ek het nog nie so baie High Teas bygewoon nie, maar jy moet nou nie KOS verwag nie. Fyngebak ja, oulike komkommer-toebroodjies, salm-toebroodjies, quiches, sampioentjies, alles in happiegrootte-porsies. Al te lekker en al te dekadent. Met ‘n uitsig op die lowergroen tuine en die bome wat saggies suis in die warm middagbriesie. Nou kan ek darem ook sê dat ek al High Tea by die Mount Nelson geniet het.

My foto is ongelukkig nie die beste gehalte nie, dis met my antieke selfoon geneem en dis hoekom ek ‘n nuwe selfoon soek - een wat goeie foto’s kan neem, want soms het jy dalk net jou selfoon naby as iets spesiaals met jou gebeur!





Strooihuis

26 10 2007

Hierdie is vinknessies wat aan die muur vasgebind is by my huis op Strydenburg nadat die ontevrede wyfie hulle uit die boom gegooi het. Dit maak ‘n mooi versiering.

Hierdie is nog vinknessies, plat op die Aarde en nie mooi hoog in die boom waar hulle hoort nie. Hulle is ook deur die ontevrede, ondankbare wyfie uit die boom gegooi, maak nie saak dat die mannetjie die hele Noord-Karoo platgevlieg het op soek na stukkies gras om ‘n tuiste te bou nie, en dae lank daaraan gewerk het nie. En sy hele hart daarin gesit het nie. Dit kan sekerlik nie maklik wees vir die mannetjie nie, want die wereld is maar droog daar en daar is nie so baie gras nie. Maar steeds bou hy nuwe nessies, al gooi sy hulle aanhoudend uit.

En dan, daar bo waar die son so helder skyn, hang tog twee nessies wat nie vernietig is nie. Dis tog duidelik, ons leer ‘n lessie vandag, aanhouer wen. Solank jy net lank aanhou en altyd weer van voor af begin.





Twee beeste, twee bokke, een Uno

26 10 2007

koeie.jpg

Daai (bemeste) motortjie daar agter het twee koeie, twee boerbokke en een veedief gedra. Die veedief is gevang en die diere is bevry. In KwaZulu-Natal iewers.





Die Vlieënde Springbok

22 10 2007

bryanhabanavfiji.jpg

Nee, nie hierdie een nie . . .

ads-saa01.jpg

Wel hierdie een.

Vanoggend by Kimberley se lughawe kom ek af op ‘n uitgemesselde Vlieende Springbok-simbool teen die gebou. Lanklaas dit gesien. Met my soektog op die web na die prentjie, maak ek toe die beste ontdekking van die jaar.

Kliek hierso vir ‘n koddige outydse SAL-liedjie. Dis van ‘n website genaamd springbokradio.com wat wemel van vreemde ou klankgrepe. Kliek ook op die link vir “advertensies” om onder andere die oorspronklike braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet-advertensie te hoor, en die Daan Desimaal-advertensie. En Riaan Cruywagen wat sigarette adverteer. En baie meer! En as jy op die link vir “klanke” kliek, kan jy byvoorbeeld luister na die nuusuitsending toe Verwoerd vermoor is en allerhande ander dinge.





Where in the world is Tony?

22 10 2007

Waar in die wêreld is hierdie? Dis dalk nie waar jy dink nie. Maar moenie kroek en die naam van die landgoed google nie . . .





Is dit hoe dit is?

21 10 2007

My goeie vriende wat soms luister na my praatjies dink ek is een wat probeer ontken dat SA ‘n misdaadprobleem het. Die waarheid is ek sou graag wou sien dat SA nie ‘n misdaadprobleem het nie. Ek gaan nie nou ‘n lang akademiese relaas oor die redes vir misdaad in SA gee nie, want daar is wel werklike redes. Ons beleef dit as buite beheer en ek meen dit moet nie so wees nie. Ek weet nie wat is die oplossing nie, ek troos my daaraan dat dit ook op ander plekke so gaan. Ek het nou al in my lewe wyd gereis ek ek moet se^ daar is ‘n hele klomp lande waar mense ook maar agter veiligheidstralies leef. Die probleem is dalk wyer as wat ons dink. In Nieu-Seeland het ek onder andere in die koerante gelees van motors wat met klippe gegooi word op die snelwee” en ‘n vrou wat uit haar huis ontvoer is en toe iewers in die bosse verkrag is. So much for veilige Nieu-Seeland. Een van my vriende daar, by wie ek vir ‘n paar aande oorgebly het, het ‘n alarm en diefwering in sy huis (Christchurch). In Maleisie is een van my vriende se motors gesteel. ‘n Ander vriend daar woon in ‘n veiligheidskompleks. In Tel Aviv het omtrent al die huise veiligheidstralies ‘n Amerikaanse vriend wat nou in Korea woon se motor is ook gesteel (in Amerika).  My motor is ook gesteel. Maak dit my ‘n slagoffer of is dit nou maar net hoe hierdie ganse ongelukkige we^reld van ons funksioneer? Ek weet nie. Dit moenie so wees nie, maar ek weier om ‘n slagoffer-houding aan te neem. En dan, in dieselfde asem, ek was werklik onsteld dat Lucky Dube vermoor is. Iemand wat net goed wou doen en dis wat gebeur. Dit moet mos nie so wees nie.

Hierdie artikel kom van die BBC.

South Africa’s singing peacemaker

During his lifetime South African reggae star Lucky Dube was a man on a mission to make the world a better place. “Hey you Rasta man. Hey European, Indian man. We’ve got to come together as one,” go the lyrics to his anti-apartheid hit Together as One.

Unity, peace, freedom and respect were Lucky Dube’s mantras.

At the age of 18 he recorded his first album playing traditional mbaqanga music, but it was a genre that he felt constrained his ambition.

South Africa has always been a very sad country
Music journalist Peter Makurube

“Mbaqanga is only known in southern Africa and it’s mostly sung in Zulu. I wanted my music to be heard - my message - not only in South Africa. Reggae music is found everywhere so reggae was my first vehicle to take this message across to people in the world,” the singer told the BBC shortly before his death.

South African music journalist Peter Makurube, who knew him before he made it big, says Dube had to fight his record company to take up reggae.

“At the beginning his record producers wanted him to do the more popular mbaqanga, so he couldn’t record any of his reggae songs - he sang those live at his concerts,” he told the BBC.

“He actually paid with his own money to record the reggae that finally made him famous.”

Hope

And his determination paid off for in the thousands upon thousands of tributes that were paid to Dube after his shooting on Thursday, it is his message that people remember.

Lucky Dube pictured on his most recent album, Respect
Lucky Dube on music

“It takes me back to the early stage of the Liberian civil crisis when we were looking for food and shelter - for somebody to give us back hope. It was the voice of Lucky Dube that brought hope to many Liberians,” Liberian fan Tom Takor told the BBC on hearing about Dube’s death.

Like his musical mentor - the late reggae musician Peter Tosh - Dube was killed in a robbery.

Shots were fired at his car as he was dropping off his two teenage children in Johannesburg, in circumstances his 1999 track Crime and Corruption says are all too common in South Africa:

“Do you ever worry
About your car being taken away from you
In broad daylight
Down highway 54
Do you ever worry
About your wife becoming
The woman in black
Do you ever worry
About leaving home and
Coming back in a coffin
With a bullet through your head
So join us and fight this.”

Over his 25-year career it was not only his lyrics that spoke of pain and suffering.

“The melody comes with some sorrow,” Ghanaian musician Batman Samini explains.

“It tells exactly where he’s crying from. The right melody is carrying the right message to you. Most Ghanaians could tell South Africa’s grief through Lucky’s cry.”

Growing up during apartheid was not easy: Dube’s parents split up before he was born and he spent much of his childhood with his grandmother as his mother struggled to make a living as a domestic servant.

From an early age, he worked in gardens in white suburbs to pay for his schooling.

“South Africa has always been a very sad country - the racial divisions and the fact that Lucky came up the hard way explain his music - poverty and of course the early days in his career in the music industry was rough,” says Makurube.

No marijuana

But Dube went on to build a huge career, tackling a range of social problems, and was particularly loved in Africa where he drew huge crowds.

“It meant a lot to him that the continent loved his music,” says Makurube.

Yet his friends and fans say the fame never went to his head.

“Off stage he was very unassuming but definitely a tiger on stage,” says Makurube.

Shy, gentle, friendly and dedicated are words that have been used to describe the 43-year-old singer who despite his Rasta image did not smoke marijuana, cigarettes or drink alcohol.

He is survived by his new wife and seven children, including a three-month-old baby.

“Lucky would have wanted the world to remember him as someone who made a difference through his art, which I believe he did, his social messages people took to heart,” Makurube says.

“He didn’t try to commercialise his music for popularity. People got the message that he tried to send out.”





Toe wys ons hulle!

20 10 2007

2007102023143320_bakkies.jpg

We are the champions -
We are the champions
No time for losers
‘Cause we are the champions - of the world!





Hierdie een of daardie een of nie een nie

18 10 2007

Ek kom nou voor ‘n moeilike besluit te staan. Dis tyd om ’n belangrike besluit te neem. Vir die meeste mense is dit waarskynlik ‘n maklike besluit gebaseer op ‘n paar praktiese oorwegings. Vir my is dit nie so maklik nie. Ek oorweeg nou al vir ‘n paar weke lank al die opsies, maar steeds is daar vir my geen antwood nie. Ek dink darem ek is nou al nader aan ‘n besluit, daar was tot vroeer vandag vir my net twee opsies oor, en nou is daar waarskynlik net een.

Sony Ericsson of Nokia. Ek moet my selfoon opgradeer. My ou selfoon werk nog heeltemal goed en het byna alles wat ek nodig het in ‘n foon. Maar gadget queen wat ek is, kan ek nie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie. Wie kan dan nou nee se vir ‘n nuwe elektroniese speelding? Nie ek nie. Maar die keuse is vir my so moeilik.

Ek het eers min of meer besluit op die Nokia N95, ek is maar ‘n groot Nokia-aanhanger. En die N95 het darem net alles wat jy van kan droom. Totdat ek meer oor die foon begin lees het, nou is ek nie meer so seker nie. Blykbaar is hy nogal groot (groter is nie altyd beter nie), baie stadig en ook eintlik heeltemal te gekompliseerd om hom ten volle te benut. En dan, my groot probleem met sulke dinge, ons hier in SA word vertel die N95 is net die ding, splinternuut en dus ook steeds duur (mens moet op die meeste kontrakte geld inbetaal as jy hom wil kry). Maar daar is reeds ‘n beter weergawe van die N95, die N95 8GB. So die een wat ons hier het is reeds oud.

Ek is oop vir alle opsies en begin toe kyk na Sony Ericsson. Hoe meer ek daaroor lees, hoe meer begin ek belangstel. Die k800 of sy nuwer boetie, die k810i, is volgens alle aanduidings net die beste foon wat nog ooit gemaak is. Ek dink ek is oortuig. Dis nou nie die heel nuutste instrument op die mark nie (en een van die dae kom die k850), maar die foon klink of hy alles het wat nodig is vir my. Baie goeie kamera (vir ‘n foon), maklike web browsing, videokamera, bluetooth, en dan het hy allerhande ander snaaksighede soos ‘n funksie waar jy ‘n liedjie se naam blitsvinnig kan bepaal. En jy kan direk van hom af blog. Oulik. Die N95 het nou wel GPS en allerhande ander dinge, maar ek is bevrees ek gaan waarskynlik die k810i vat. En dan is hy nog so mooi ook. Tensy ek anders oortuig word. Daar is vir my net een ding wat bietjie teen hom tel, hy het nie HSDPA nie. Die N95 wel. Maar daarmee kan ek saamleef. Enige raad, aanmoediging, kritiek sal verwelkom word.

gpd_43753_1000_0_4000.png





Slaaptyd

16 10 2007

airbus3.jpg

airbus2.jpg

Aangesien ek nie ‘n gewone sterfling is nie, sal ek voortaan slegs in eersteklas met Singapoer-lugdiens vlieg, soos die onderste foto van die nuwe A380 se suite. Die boonste foto is ekonomiese klas wat die gewone sterflinge maar mag gebruik.

As dit maar net kon . . .  Dink net, as mens in daai luukse kajuit vlieg, sal jy mos nie wil slaap nie, voordat jy jou oë uitvee is die vlug verby en dan was jy die hele tyd in droomland. Miskien sal ek eendag van my Voyager-myle gebruik om op te gradeer, ek het darem al lekker baie myle opgebou. En gelukkig is Singapoer-lugdiens en SAL albei deel van die Star Alliance. Wonder net, is dit geregverdig om so baie geld vir eersteklas te betaal (ek het gecheck op die internet, Singapoer na Sydney in die suite op die A380 kos so net oor die R50 000)? Seker nie SO baie geld nie, maar tog, so tien uur of wat in die lug en daar’s R50 000 geblaas. Toegegee, dit was seker lekker . . .





Mandaryns101

15 10 2007

10210.jpg

Hierdie is my nuwe projek. Ek het dit verlede week ontvang per koerier uit die Verenigde State van Amerika nadat ek dit op die internet bestel het. Ek kon dit nie in winkels in SA opspoor nie. Dit kos my ‘n hele paar rand, maar ek glo wanneer ek hierdeur gewerk het, gaan ek Chinees kan praat. Sodat ek beter kan kommunikeer met my Chinese vriende wie se Engels nie te goed is nie, en wie is ek nou om te verwag dat hulle moet Engels praat as ek nie Chinees kan praat nie? Ek het nie sommer lukraak gekies nie, ek het oral op die internet rondgeswerf op soek na wat na my mening die beste selfstudie-taalkursus is. Ek glo dit is hierdie een. Dit word byvoorbeeld deur die Amerikaanse departement van buitelandse sake gebruik om diplomate op te lei. En deur Nasa. Maar ek weet nie hoekom die ruimtevaarders van Nasa dit gebruik nie, die mense in die ruimte praat seker tog nie aardse tale nie. In elk geval, die aanbevelings klink vir my goed. Ek is heeltemal in staat om deur selfstudie ‘n taal aan te leer, dis hoe ek begin het om Spaans te leer (ek het myself uit boeke die basiese dinge geleer en na ‘n paar maande in Suid-Amerika kon ek baie gemaklik praat). Ek gaan dieselfde doen met Chinees. Begeesterd is die woord.