Rus onseker

25 01 2007

Ek het so ‘n bietjie van ‘n bloutjie geloop met Santam (rus onseker) en voel dit my burgerlike plig om die episode hier te deel. Soos gereelde lesers van die blog weet, my geliefde motor is Desember gesteel en hy was verseker by Santam. Hy het ‘n ingeboude BMW-immobiliseerder gehad wat onfeilbaar was. Mense het al voorheen die kar probeer steel, maar kon niks regkry nie. Hierdie slag het hulle hom waarskynlik weggesleep of op ‘n trok gelaai, daar was geen glasstukke langs die pad nie. Nou goed. die situasie is dat jy moet ‘n immobiliseerder he^ vir die versekering, wat ek wel gehad het. Maar eers toe ek eis, na elf jaar as klient van Santam, moet ek hoor die immobiliseerder is nie deur hulle goedgekeur nie en die eis betaal nie uit nie.
Ek het reeds ‘n nuwe motor gekoop en ook by Santam verseker. Die verkoopspersoon het gevra of die motor, ‘n Hyundai, ‘n immobiliseerder het. Hy het een, van die fabriek af. Ek vra toe of dit goedgekeur is deur Santam. Sy antwoord nee. Ek se^ toe maar daar is dan ‘n ommobiliseerder. Sy gaan toe net voort met die volgende vraag en ‘verseker’ die motor. Daar is waar die probleem begin, jy aanvaar dalk dis ‘n geval van stilswyende instemming van Santam se kant dat die immobiliseerder wat jy het, tog aanvaar word. En net daar maak jy die fout, eendag nadat Santam tienduisende rande van jou geld gevat het, sal hulle beweer jou immobiliseerder is nie goedgekeur nie en daar is geen uitbetaling nie.
Deels is die skuld myne, ek moes seker self seker maak oor die immobiliseerder, maar ek gee nie eintlik om nie, die kar was min werd en die versekering het darem dinge soos derdeparty al die jare gedek. Maar daar is vir my ‘n etiese probleem. Santam gaan rustig voort om jou te ‘verseker’ sonder dat alles dalk in orde is, goed wetende van hul kant dat al daai geld wat jy dekades lank betaal, net so in die maatskappykoffers beland.
Daarenteen bel ek toe vandag Outsurance. Eerstens is die premie laer, dit sluit ook ‘n huurmotor in (wat ek nie by Santam gekry het nie) en reg van die begin af maak HULLE seker jou kar is in orde, jy moet gaan vir ‘n vinnige ondersoek by Glassfit, wat ook na die kar se toestand kyk en seker maak die immobiliseerder werk, en dan is die kar werklik verseker. Dis mos reg so. Santam het skielik toe ek eis lang vrae gevra oor die toestand van die kar, alles dinge wat hulle natuurlik sou aftrek by die finale eis. En daar is geen harde bewyse wat die toestand van die kar regtig was nie, dus kan hulle enigiets beweer (en jy ook) en alles eindig in ‘n kroekspul.
Ek hou werklik van Outsurance se manier, die versekeraar se agente sien die kar en kan nie later kom met allerhande bewerings nadat hulle al jou geld gevat het nie. Ek dink die blote feit dat Santam jou ‘verseker’ al weet hulle jou immobiliseerder is nie deur hulle goedgekeur nie, is skelm verby. Hulle vat jou geld en weet dit gaan hulle niks kos nie. Ek is nie meer by Santam verseker nie, al was dit ‘n ou familietradisie.





Dis hoe dit is

25 01 2007

Ek het nou selfs probeer om te kroek, ek het die survey drie keer ingevul, want ek wil nie die Flash wees nie, ek wil Superman wees, maar dit lyk my ek is die Flash. Want al verander ek my antwoorde effens (sonder om te veel te lieg) bly die antwoord dieselfde. Jy kan seker nie verander wie jy is nie. Gelukkig het my geslag nie verander nie. Soos sekere ander mense op die blogosfeer wat hulself dalk bietjie lamgeskrik is toe hulle hul uitslae sien!

Your results:

You are The Flash

The Flash
75%
Superman
75%
Supergirl
70%
Robin
65%
Green Lantern
65%
Spider-Man
60%
Iron Man
60%
Hulk
55%
Wonder Woman
50%
Catwoman
40%
Batman
30%
Fast, athletic and flirtatious.


Click here to take the Superhero Personality Quiz