
Die lewe maak weer sin! Ek kan nie wag vir hierdie wonderlike stukkie tegnologie nie (seker eers laat vanjaar hier by ons, maar miskien kan ek dit Mei-maand in Singapoer of Hong Kong koop as ek weer daar is). Dis net te wonderlik vir woorde. Alles werk met jou vinger, jy kan byvoorbeeld beelde of ikone ‘knyp’ op die skerm, dan word hulle kleiner, of jou vingers wegtrek, dan word dit groter. Hoe cool is dit!
Daar is ‘n hemel
31 01 2007Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Uncategorized
Briljante joernalistiek
31 01 2007
Alice Auma Lakwena, warrior and spirit-channeller, died on January 17th, aged 50
AT A place called Wang Jok, in Paraa National Park in northern Uganda, the Nile flows strongly among trees and over rapids. This is a magic spot: coins, pots and human figures sometimes mysteriously appear from the river. And if you had visited Wang Jok in May 1986 you might have seen, sitting beside the water, a young woman of 30 apparently talking to herself.
People from Opit, the railway town where she lived, knew her as Alice Auma. She sold fish and flour with another woman and had had two husbands, both of whom had deserted her because she was barren. But it was not Alice Auma who was sitting by the Nile. She was possessed by a spirit called Lakwena, and he was holding a consultation with all the animals of the park.
They swarmed round him in a huge bellowing crowd, elephants and hippopotami and crocodiles and giraffes, many of them holding up wounded limbs to be healed. Lakwena asked them who was responsible for the civil war in Uganda, in which the Acholi rebels of the north were fighting the troops of Yoweri Museveni’s National Resistance Army. They replied that “the people with two legs” were the violators of peace and Nature. A waterfall and a mountain were interrogated too. They gave back the same answer.
Uittreksel uit The Economist. Lees verder hier. Dis een van die beste artikels wat ek in ‘n lang tyd gelees het, vol insig oor godsdiens en oorlog, twee sleutelkwessies van ons tyd.
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Uncategorized
En nou?
29 01 2007Contrary to common perceptions, there has been a steady and consistent decrease in most major crimes, particularly murder, over the past decade, a new study by the Institute of Security Studies (ISS) shows.
The analysis of the crime statistics released last year showed that the national murder rate decreased from 67 murders per 100 000 people in 1994 to 39.5 per 100 000 in 2006, according to Antoinette Louw of the Institute for Security Studies (ISS).
Writing in the latest edition of the ISS’s Crime Quarterly, Louw said this was a positive trend because murder statistics were the most accurate on record and also provided a useful indicator of the extent of violence in the country.
Die volledige berig is by http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20070129031420890C607544
(Ongelukkig kan ek nie op die Safari-browser hier by die werk ‘n link insit op Blogger nie.)
Die inligting kom van die gesaghebbende Instituut vit Sekerheidstudies. So wat maak ‘n mens daarvan? Hoekom is die land en die media so negatief?
Dan het ek nog ‘n vragie, Deon Maas skryf die naweek in Die Burger dat hy nie kan verstaan waarom daar soveel negatiwiteit onder die wit-beheerde (sy woorde) media is oor 2010 en die sokker nie. En hoekom wit belastingbetalers (Groenpunt) alles in hul vermoe doen om die stadion te kelder. Dit nadat die hele land, mense wat nie gewoonlik rugby kyk nie, in 1995 verenig het rondom die rugby-wereldbeker. Wat het intussen verkeerd gegaan? Goeie vraag, dink ek.
Comments : 4 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Rus onseker
25 01 2007Ek het so ‘n bietjie van ‘n bloutjie geloop met Santam (rus onseker) en voel dit my burgerlike plig om die episode hier te deel. Soos gereelde lesers van die blog weet, my geliefde motor is Desember gesteel en hy was verseker by Santam. Hy het ‘n ingeboude BMW-immobiliseerder gehad wat onfeilbaar was. Mense het al voorheen die kar probeer steel, maar kon niks regkry nie. Hierdie slag het hulle hom waarskynlik weggesleep of op ‘n trok gelaai, daar was geen glasstukke langs die pad nie. Nou goed. die situasie is dat jy moet ‘n immobiliseerder he^ vir die versekering, wat ek wel gehad het. Maar eers toe ek eis, na elf jaar as klient van Santam, moet ek hoor die immobiliseerder is nie deur hulle goedgekeur nie en die eis betaal nie uit nie.
Ek het reeds ‘n nuwe motor gekoop en ook by Santam verseker. Die verkoopspersoon het gevra of die motor, ‘n Hyundai, ‘n immobiliseerder het. Hy het een, van die fabriek af. Ek vra toe of dit goedgekeur is deur Santam. Sy antwoord nee. Ek se^ toe maar daar is dan ‘n ommobiliseerder. Sy gaan toe net voort met die volgende vraag en ‘verseker’ die motor. Daar is waar die probleem begin, jy aanvaar dalk dis ‘n geval van stilswyende instemming van Santam se kant dat die immobiliseerder wat jy het, tog aanvaar word. En net daar maak jy die fout, eendag nadat Santam tienduisende rande van jou geld gevat het, sal hulle beweer jou immobiliseerder is nie goedgekeur nie en daar is geen uitbetaling nie.
Deels is die skuld myne, ek moes seker self seker maak oor die immobiliseerder, maar ek gee nie eintlik om nie, die kar was min werd en die versekering het darem dinge soos derdeparty al die jare gedek. Maar daar is vir my ‘n etiese probleem. Santam gaan rustig voort om jou te ‘verseker’ sonder dat alles dalk in orde is, goed wetende van hul kant dat al daai geld wat jy dekades lank betaal, net so in die maatskappykoffers beland.
Daarenteen bel ek toe vandag Outsurance. Eerstens is die premie laer, dit sluit ook ‘n huurmotor in (wat ek nie by Santam gekry het nie) en reg van die begin af maak HULLE seker jou kar is in orde, jy moet gaan vir ‘n vinnige ondersoek by Glassfit, wat ook na die kar se toestand kyk en seker maak die immobiliseerder werk, en dan is die kar werklik verseker. Dis mos reg so. Santam het skielik toe ek eis lang vrae gevra oor die toestand van die kar, alles dinge wat hulle natuurlik sou aftrek by die finale eis. En daar is geen harde bewyse wat die toestand van die kar regtig was nie, dus kan hulle enigiets beweer (en jy ook) en alles eindig in ‘n kroekspul.
Ek hou werklik van Outsurance se manier, die versekeraar se agente sien die kar en kan nie later kom met allerhande bewerings nadat hulle al jou geld gevat het nie. Ek dink die blote feit dat Santam jou ‘verseker’ al weet hulle jou immobiliseerder is nie deur hulle goedgekeur nie, is skelm verby. Hulle vat jou geld en weet dit gaan hulle niks kos nie. Ek is nie meer by Santam verseker nie, al was dit ‘n ou familietradisie.
Comments : 3 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Dis hoe dit is
25 01 2007Ek het nou selfs probeer om te kroek, ek het die survey drie keer ingevul, want ek wil nie die Flash wees nie, ek wil Superman wees, maar dit lyk my ek is die Flash. Want al verander ek my antwoorde effens (sonder om te veel te lieg) bly die antwoord dieselfde. Jy kan seker nie verander wie jy is nie. Gelukkig het my geslag nie verander nie. Soos sekere ander mense op die blogosfeer wat hulself dalk bietjie lamgeskrik is toe hulle hul uitslae sien!
Your results:
You are The Flash
|
Fast, athletic and flirtatious.
|
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Uncategorized
Groot veranderings
24 01 2007Daar is ‘n paar groot veranderings onderweg in my lewe. Hou hier dop vir meer besonderhede, mettertyd.
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Uncategorized
Die donker plek
24 01 2007Ek het nou die aand Blood Diamond gekyk en dit was vir my ‘n vreemderige ondervinding. Dit gaan oor die burgeroorlog in Sierra Leone en die smokkel van diamante. Dis in SA gemaak (daar is tonele waar hulle teen die berge uitklouter in Sierra Leone, maar jy weet dis eintlik Bolandse fynbos daai!) Hulle praat ook heelwat Afrikaans sonder onderskrifte (die SA huursoldate in die fliek), en selfs die tawwe Leonardo Dicaprio gebruik ‘n Afrikaanse woord of twee (en het ‘n verstommend goeie SA aksent). Die einste Leo het my nogal verras, ek het gedink hy kan net die rol van sagte, sensitiewe mans speel, maar hy kan duidelik ook ‘n tawwe Rhodesiese huursoldaat wees. Die fliek het my laat dink oor die plek waar jy tuis voel, gemaklik voel, want in die fliek is Leo se droom om genoeg geld te maak met die diamante dat hy kan padgee van hierdie chaotiese kontinent af. Maar . . . Ek sal nie die einde vertel nie en kan dus nie heeltemal die volgende stelling verduidelik sonder om iets weg te gee nie. Tog, al was die fliek vol chaos, geweld, bloed, korrupsie, het ek snaaks genoeg daar uitgeloop en gedink, ‘Ja, Afrika is ‘n goeie plek om te bly, dis maar waar ek vandaan kom’. Hoe bisar is dit?
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Uncategorized
Besoeker van ver
18 01 2007
So sit ek toe gister, oudergewoonte, op my stoepie by die huis in Stellenbosch toe hierdie skouspelagtige besoeker uit die buitenste ruimte skielik by my verbyvlieg. Dis my eie foto, en dit was werklik ongelooflik, die McNaught-komeet. Hy het meer as ‘n halfuur lank so verbygevlieg, totdat hy onder die horison verdwyn het. Vanaand kan mens dit glo nog beter sien.
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Uncategorized
Daai lied
11 01 2007Ek sien Maksideem verwys ook hierna. Die ‘berugte’ De La Rey-lied. In Namibie (te wete Luderitz) is die lied minstens twee keer per aand in die twee plekke waar ek saans uitgehang het, gespeel. Die een plek het ook byvoorbeeld ‘Troepie Doepie’ (Kom huis toe . . . ) gespeel. En die meeste musiek in albei plekke was Afrikaans, minnerig wat ek in ‘n kroeg was waar die musiek Afrikaans is. Nou, die De La Rey-lied puzzle my, dis ‘n ongelooflike catchy lied, maar is dit rassisties of nie? Leopold Scholtz het daaroor geskryf en is nie van mening dat dit rassisties is nie. Maar ek het op die internet gesoek vir die woorde, wat ek hieronder plaas, en die enigste plek waar ek dit opgespoor het, was by www.stormfront.org, wie se logo is ‘White Pride, World Wide’ Daar is selfs ‘n Engelse vertaling van die lied op hul webwerf. Die Namibiers met wie ek gesels het, is van mening dat die lied nie rassisties is nie, en dat Namibie verder gevorder het as SA deurdat hulle nie bang is om die lied te speel in die openbaar nie (in SA is dit op die radio verbied as ek dit reg het). Ek weet nie watter kant om te glo nie, daar is baie plekke in Namibie waar ‘n mens voel of niks eintlik verander het nie en mens kry dalk die gevoel hulle speel die lied op uitdagende wyse. Ek persoonlik hou amper daarvan (soos Koos Kombuis, mooi warm gevoel in die hart). Miskien het die regses dit gekaap, maar eintlik is daar niks mee fout nie. Verwys die ‘kakies’ wel na die Engelse, of dalk is dit oop vir regse interpretasie? Dit rym byvoorbeeld met . . .
Hier is die woorde:
De La Rey
Op ‘n berg in die nag
lê ons in die donker en wag
in die modder en bloed lê ek koud,
streepsak en reën kleef teen my
en my huis en my plaas tot kole verbrand
sodat hulle ons kan vang,
maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.
De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
Oor die Kakies wat lag,
‘n handjie van ons teen ‘n hele groot mag
en die kranse lê hier teen ons rug,
hulle dink dis verby.
Maar die hart van ‘n Boer lê dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.
Op ‘n perd kom hy aan, die Leeu van die Wes Transvaal.
De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
Want my vrou en my kind lê in ‘n kamp en vergaan,
en die Kakies se murg loop oor ‘n nasie wat weer op sal staan.
De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
http://www.youtube.com/watch?v=429AUoAWQdY
Comments : 3 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Brakke se hemel
11 01 2007 Ons is nou op pad terug na die Kaap met ‘n stop in Hondeklipbaai aan die Noord-Kaapse weskus. Nou kyk, ek was nog nooit in my lewe ‘n fan van die weskus nie, ek verstaan dit miskien nie heeltemal nie. Dis vir my grys en vaal en koud en winderig en plat en sonder enige aantrekkingskrag. En Hondeklipbaai is nogal ver van alles (met ‘n lang, slegte grondpad) en dis ongelukkig regtig nie vir my nie. Die dorpie word omring deur mynhope, en dan is hier bossies en ‘n grys see, en ‘n paar bote in die baai. En armoedige huise en mense wat nie werk het nie. En groot, harige vissermanne met karre met CY- of CF-nommers wat in groot, buffelagtige wit bakkies op die strande rondjaag.
En het ek gese^ dis vaal en grys. O, en hier is baie rondloperbrakke (vreemd genoeg, maar dis waar.)
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Uncategorized






Onlangse Kommentaar