Daar is net niks

27 11 2006


Ek gaan Februarie hiernatoe en probeer al die afgelope week of wat om ‘n guide book oor die plek te koop. Nie dat ek ooit die guide book se praktiese wenke gebruik nie (in my ondervinding is hulle byna altyd verkeerd) maar wel vir agtergrondinligting, geskiedenis ens. Maar daar is wraggies geen boekwinkel in die Kaap wat enigiets oor hierdie plek het nie (wel, snaaks genoeg, oor sy meer ongewilde buurman). Ek was by al die Exclusive Books-takke (Tygervallei, Waterfront, Stellenbosch, Kloof, Somerset Mall) en vele ander boekwinkels, ook tweedehandse boekwinkels van Observatory tot Stellenbosch. Maar, helaas. Dit maak my natuurlik net meer lus om te gaan. Duidelik is dit wel nie ‘n baie geiwlde bestemming vir SA mense nie. Wie kan raai? Dis nie so obvious as wat dit dalk uit die foto lyk nie.


Actions

Information

8 responses to “Daar is net niks”

1 12 2006
Maksideem (20:32:00) :

Balmoral, Skotland.

2 12 2006
rondloper (11:50:00) :

Verkeerde vasteland.

4 12 2006
Lammervanger (19:30:00) :

Jy hou van AsiĆ«, dit moet koud genoeg in die winter daar wees sodat dit kan sneeu…mmmmmmmmmmmm…..mmmmmmmmmmmmmm….Beijing!

4 12 2006
rondloper (20:19:00) :

Regte rigting, regte denkwyse, verkeerde land.

5 12 2006
Maksideem (00:26:00) :

Dit kan nie Queenstown in NZ wees nie?

5 12 2006
rondloper (13:12:00) :

Julle sukkel hiermee! Wys jou net watse onbekende plek is dit. Eintlik nie, maar lyk my nie hoog op die ‘besoekerslys’ nie. Lam is op die regte spoor en eintlik baie, baie naby.

5 12 2006
Lammervanger (23:40:00) :

Suid/Noord-Korea? Mongoliƫ? Ek sal maar eers die land regkry en dan die stad nail.

6 12 2006
rondloper (10:45:00) :

Jaaa! Suid-Korea. Die foto is een of ander stad in die berge, kan nie eens onthou wat die plek se naam is nie. Snaaks dat daar net geen guide books oor die plek in SA is nie. Ek het selfs op Exclusives se webwerf bestel en toe skryf hulle terug dat hulle dit van oorsee af moet bestel. Ek het wel in ‘n tweedehandse boekwinkel in Tygervallei ‘n boek oor Noord-Korea (!) gekry.

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>