Ek is een van daai water-van’n-eend-se-rug-mense. Dinge ontstel my gewoonlik nie, ek is nooit ‘n fighter nie, ek (glo) ek verstaan die wereld soos hy is, so dinge pla my nie. Ek stel gesond belang, ja, maar dis dit. Maar vandag het ek my moer behoorlik gestrip vir die klomp malles wat besig is om websites te skep om vir die wereld te vertel hoe sleg Suid-Afrika is. Ek praat van die versekeringsmakelaar Neil Watson, in Kampsbaai nogal (SKATRYK uit Suid-Afrika dus), en nog ‘n ander site, www.southafricaiscrap.blogspot.com. Daar was vandag ‘n artikel in die Argus oor hierdie twee, en nog een of twee. Dit pla my dat mense wat eintlik erg oningelig is, besig is om die hele wereld, wat maar net so oningelig is, nonsens oor SA te vertel. Ek het op my onlangse reis regtig baie mense ontmoet wie se eerste vraag was of SA dan nie gevaarlik is nie. Interessant genoeg was hulle almal van Europa, Amerika, Kanada, Nieu-Seeland of Australie. Die Asiers self het nie gevra nie, hulle stel nie belang in ander lande se probleme nie, hulle het hul eie, veel erger soms. En ek verstout my om te dink die ander het by Suid-Afrikaners wat in hul lande woon, gehoor hoe gevaarlik dit kastig hier is.
Maar dit is my punt, die wereld is nie ‘n volmaakte plek nie, daar is oral probleme, mense wat nou gaan staan en websites skep oor SA wat so die slegste in die wereld is, is bloot oningelig. Daar is nie plek vir sulke denke in hierdie dag en tyd nie. Ek weet ons het voorheen op pienkzuit ‘n gesprek hieroor gehad en dit het soms warm geraak. Ek is die eerste een om te erken dat geweldsmisdaad in SA dalk die ergste in die wereld is, wat ons van weet. Ons weet nie wat gebeur in Brasilie, Argentinie, Indie, China - lande op dieselfde vlak van ontwikkeling as ons, met veel meer mense as ons, maar geen stats nie - maar, ja, misdaad is sleg hier. Dis ook sleg op ander plekke. Ons kan nie probeer maak of ons Kanada of Nieu-Seeland is nie. So leef in die werklikheid, dis eintlik al wat ek vra. En probeer op jou klein manier om dinge beter te maak.
In elk geval, die klomp neo-Nazi het my so vies gemaak (nadat ek die Argus-storie gelees en toe soos ‘n dwaas na die websites gaan kyk het) dat ek ‘n ietwat kwaai brief geskryf het vir albei sites. Ek sal nogal wil sien of hulle dit publiseer. Ek dink ons as Bloggers kan probeer om die southafricaiscrap-site toe te maak deur Blogger se admin-mense te bombardeer met briewe oor die rassistiese aard van die site. Gaan kyk maar, dis eintlik ‘n plek vir white supremacists. Ek glo in elke moontlike vorm van vryheid van spraak, maar nie haatspraak nie.
O, nog iets, Neil Watson van crimexpouthafrica het allerhande SMS-peilings op sy site teen R3 per SMS. Ek wonder of hy die geld gebruik om misdaad te bestry.
Hier is die brief wat ek geskryf het (met skuilnaam, ek wil nie my naam op daai site sien nie)
Sir,
I dare you to publish this letter on you website, as I find it very interesting that the only options for comments or votes you leave on your website are for people to agree with you. Vote for Neil to expose crime, vote for Neil to prepare a class action etc. Register as an ordinary South African to expose the truth (your truth?) etc. Were you well trained by the previous white government in SA? Sounds like it.
Maybe some day you guys (and girls) will wake up to the real world. There is no room in this world for utopian visions of safe, white societies (except maybe in some Nazi colony in the Chilean mountains, they exist, check them out, you might like them). There is no safe place anywhere, the world is full of fallible people, everyone has problems. I am a white South African, quite happy here, the opportunities are endless.
There are places with worse crime (there are more house break ins in Canada than here, check it out on the UN website), and most places we should compare ourselves to don’t have stats. Face it, this is not Australia or Switzerland, in what world do you live?
You need to wake up and face the facts that you are not happy here, so leave then. Go to some so called safe place like New Zealand and start writing about the crime there if you have nothing better to do, trust me it exists, in same cases worse than here.
Maybe the moon is an option for you.
May you find peace somewhere,
Jacques
PS What do you do with the proceeds of all those expensive vote SMS’s that people send you?
Recent Comments