Rooi China

3 04 2006


Ek vertrek Donderdagmiddag per trein van Hongkong na Beijing, dis ‘n afstand van byna 2000km, maar die rit neem net 24 uur in algehele luuksheid - die treine van Hongkong na China is glo baie modern en werklik gerieflik. Na al die dae in die boksie waar ek hier in HK gewoon het, het ek ‘n ’sagte slaapbank’-kaartjie gekoop (die klasse is ’sagte slaapbank’ of ‘harde slaapbank’). Hierbo is my Chinese visum waarop ek baie trots is. En die treinkaartjie na Beijing. Ongelukkig het die Chinese my net 15 dae gegee, weet nie hoekom nie, want die standaardvisum is 30 dae, maar dis goed genoeg. En as ek regtig wil kan ek aansoek doen om nog ‘n visum wanneer ek weer terug is in Hongkong. Hou my blog dop vir die beste en varsste berigte uit Rooi China! Maar daar is nog ‘n paar dae oor in Hongkong.


Actions

Information

3 responses to “Rooi China”

4 04 2006
renklem (10:29:00) :

Geniet dit vreeslik. Dis later die heel lekkerste om so deur jou paspoort te blaai en na al die stamps en visums te kyk.

5 04 2006
Willem (03:05:00) :

Driesie: jy moet by Gerjo gaan kuier. Hy hou baie van ys, Vra hom om jou te wys hoe!

6 04 2006
Maksideem (22:27:00) :

Oi Driesie.

Ek het ook een van daai Chinese visumpies, maar ek het 30 dae gekry as ek dit nie mis het nie. Maar moenie sleg voel dat jy net 15 dae gekry het nie.

Wow, die trein moet ongelooflik wees. Toe ek in Beijing was, het ek soontoe gevlieg ex Hong Kong, oor Chinese New year last jaar, en omdat die vliegtuig oorboek het, het hulle my opgeskuif Eerste klas toe.

Dis het ek Rooi Sjina soos
‘n aartskapitalis binnegegaan in weelde.

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>